Dinsdag 11 Februarie 2014

Die tyd is naby ?


Is dit verkeerd om te sê, "DIE TYD IS NABY" ?  In Luk. 21:8 het Jesus gewaarsku teen hierdie gesegde wat op 'n spesifieke tyd sal plaasvind... (Luk 21:8 - "En Hy antwoord: Pas op dat julle nie mislei word nie; want baie sal onder my Naam kom en sê: Dit is ek! en: Die tyd is naby! Gaan dan nie agter hulle aan nie"). In hierdie konteks moet ons bedag wees wanneer ons die woorde "die tyd is naby" hoor. Om te sê dat "die tyd van Jesus se wederkoms naby is" is wel nie in wese verkeerd nie! - kyk bv. na hoe die dissipels ook hierdie woorde gebruik het in (Jak. 5:8) en (Openb. 1:3); en ook die engel in (Openb. 22:10)..., - ons moet altyd gereed wees.  Maar ons moet verstaan dat toe Jesus gewaarsku het teen die woordgebruik van "die tyd is naby" (in Luk. 21:8) het Hy nie die spesifieke woordgebruik afgeskiet nie, maar dit afgeskiet IN KONTEKS MET waaroor Hy gepraat het, nl. dat ons moet pasop om nie mislei te word deur valse christusse nie, want hulle sal sê "Dit is ek!", en "Die tyd is naby!" (hulle sal voorgee dat hulle Jesus Christus is). Daarom Sy woorde: "Gaan dan nie agter hulle aan nie".  Vgl. dit ook met Matt. 24:4,5. Gelowiges moet altyd leef asof die Here se wederkoms naby is, maar die probleem is dat sommige die Here vroeër sal verwag deur agter valse christusse aan te gaan.  Omdat hulle nie oor die nodige kennis beskik om te onderskei nie, of die kennis ignoreer, maak hulle hullself dan indirek gereed vir 'n valse messias.
--------------------------------------------------------------------------------Kom ons kyk na vb. e in vandag se lewe waar die woorde "die tyd is naby" alreeds verkeerd gebruik word:
*  Bv., 'n Sekere rabbi het nie lank gelede nie gesê het dat hy die messias ontmoet het..., en het die Messias se naam op 'n papier geskryf  wat 'n jaar na sy dood oopgemaak moes word, en die dissipels onder hom geleer het dat die messias Yeshua is.... Wereldwyd is vele Christene baie opgewonde en stel hierdie rabbi voor as 'n ware profeet (?).  L.w. dat die rabbi o.a. gesê het dat die messias openbaar gemaak gaan word na 'n spesifieke politkus se dood - en kyk die woorde wat hierdie mense gebruik wanneer hulle die rabbi as 'n profeet voorstel:  "die tyd is naby"!  As jy gaan navorsing doen en kyk na wat presies die rabbi regtig geleer het oor hierdie messias, dan is dit duidelik dat hy van 'n "ander messias" gepraat het (nie van Jesus Christus nie), want hy het ook gesê dat die messias alreeds in Israel is (?) -ook gesê dat die messias se siel hom aangekleef het tot 'n persoon in Israel (?). Die manier hoe hy hierdie messias beskryf,  lyk of hy 'n  antichris beskryf het...- hy het bv. vertel hoe die messias geen amp sal hê aan die begin nie, maar tussen die mense sal wees en die media gebruik om met die mense te kommunikeer;  hoe almal nie onmiddellik sal glo in hom nie, en hoe sy openbaarmaking in twee dele gaan geskied;  hoe hyself aan die begin nie eens sal weet dat hy die messias is nie;  hoe almal, wanneer hy uiteindelik geopenbaar is, sal sê: "wat, is hy die messias?"; hulle sal sy naam ken, maar het nie geglo dat hy die messias is nie..(?????). Hierdie is nogal skokkend as jy die feite begin hoor. Wat baie nie besef nie is dat alhoewel hierdie rabbi sy dissipels geleer het dat Jesus die Christus is, hy net 'n halwe evangelie gebring het en bv. glad nie eens die opstanding gepreek het nie!  Dit is baie problematies... Gelowiges wat glo dat hierdie rabbi opreg was en hulle hoop in sy woorde sit, kan maklik gereed wees om 'n valse messias te ontvang.  Mag ons bid dat sy huidige dissipels tot volle insig sal kom en die hele evangelie sal hoor.
----------------------------------
*  Kom ons kyk ook na die leerstelling wat leer dat die "wegraping" voor die Groot Verdrukking gaan plaasvind (en wederkoms in 2 dele?). Baie gelowiges, wêreldwyd, glo vandag dat die Here Jesus enige dag (voor die Groot Verdrukking) gaan terugkom en hulle wegraap, en alhoewel hulle dit uit die Skrif probeer bewys is die waarheid dat hierdie lering nie skriftuurlik nie. Jy moet nogal deur lang leringe sit om by hierdie punt te probeer uitkom, net om te sien dat daardie leringe vreeslik uit konteks geneem is! Niemand weet die dag en uur waarop die Here Jesus Christus gaan terugkom nie, ja, maar daar is vir ons baie spesifieke tekens gegee sodat ons weet wanneer "die tyd naby is"! Ons moet nie hierdie tekens ignoreer nie. Een van hierdie tekens is dat Sy wederkoms eers na die Groot Verdrukking gaan plaasvind (Matt. 24:29,30) - en l.w. dat Jesus hierdie self vir ons geleer het!  Baie dinge moet gebeur voor die opstanding en wegraping (en l.w. dat die opstanding/wegraping gebeur saam met die tyd van die wederkoms). Nog 'n teken wat ook gegee word in Thess. is dat die afval eers moet plaasvind en die mens van sonde openbaar word, voor die wederkoms gaan plaasvind.... En wat van die tempel (Openb. 11)? Ons moet ag gee op hierdie tekens, want die wederkoms gaan nie "enige dag" gebeur soos daar somtyds geleer word nie.  As ons hierdie tekens alles sien gebeur het ja, mens van sonde openbaar, nuwe tempel, groot verdrukking..., ja, dan kan ons begin kyk na "enige dag"! Wat daar oor die "wegraping" geleer word is nie altyd presies korrek nie, en sekere leerstellings wat rondgaan in die kerke oor hierdie onderwerp kan veroorsaak dat mense die Here op 'n ander tyd verwag as wanneer Hy regtig terugkom (en as dit geval is, sal die woorde "die tyd is naby" inderdaad verkeerd gebruik word). Ons moet verstaan dat die Groot Verdrukking in 'n tydperk is voor die 7de seel (en l.w. dat die wederkoms eers onder die 7 de seel is...).
-------------------------
*  Nog 'n vb is die van Islam wat besig is om die woorde "die tyd is naby" te gebruik om mense gereed te maak vir 'n ander messias.....en so kan ons baie vb.e noem in vandag se lewe...
____________________________________________________________________________________

GEDAGTE:


Daar is heelwat dinge wat in plek moet val voor die wederkoms.  Ons moet versigtig wees vir gesegdes soos "die tyd is naby" wat uit plek gebruik word, want Jesus het geleer dat dit ook sal gebruik word wanneer hulle 'n valse christus wil probeer inlui...   Daarom moet Christene seker maak dat hulle kennis op datum is oor dit wat geleer is oor die laaste dae. 

================================================================================

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.