Dinsdag 04 Februarie 2014

Wanneer iemand die Here versoek, wys dit dat hy nie regtig die Here vertrou nie

---------------------------------------------------------------------------------------------
(Mat 4:5)  Toe neem die duiwel Hom saam na die heilige stad en laat Hom op die dak van die tempel staan (Mat 4:6)  en sê vir Hom: As U die Seun van God is, werp Uself af; want daar is geskrywe: Hy sal sy engele bevel gee aangaande U, en hulle sal U op die hande dra, sodat U nie miskien u voet teen ‘n klip stamp nie.(Mat 4:7)  Jesus sê vir hom: Daar is óók geskrywe: Jy mag die Here jou God nie versoek nie.  -Wanneer iemand die Here versoek, wys dit op ongeloof - dit bewys dat hy nie regtig die Here vertrou nie.

Wat ons moet verstaan, is dat wanneer iemand geloof het, hy die wil van die Here begeer. "Om net eenvoudig van 'n hoë plek af te spring, en te vertrou dat die Here Sy engele bevel sal gee om jou te vang, is nie geloof nie!" -(dit is baie soos die leerstelling in omloop, waar gelowiges glo dat geloof gaan oor om "die Here te herinner aan Sy beloftes"!- en l.w., dan "ten spyte van die voorwaardes?").

 Nee, Geloof gaan nie daaroor dat ek "doen wat ek wil, en steeds net glo dat die Here Sy woord sal nakom nie!", maar "geloof gaan daaroor dat ek DIE WIL VAN DIE HERE SOEK/DOEN, en ja, dan sal die Here sy beloftes nakom". Waar 'n werker geen vertroue het in sy leier nie, wil hy nie die leier gehoorsaam wees nie! - in so 'n geval bevraagteken hy die leier gedurig, en probeer heeltyd fout soek by hom.  As die werker nou doen soos hy self dink, ten spyte van die leier se bevele, dan "toets" hy daardeur sy leier se gesag.  Net so toets baie Christene vandag die Here daagliks "deur hulle eie wil" - hulle wil Hom nie gehoorsaam nie, bevraagteken Hom, en onderwerp hulleself nie aan die Here se gesag nie - so "toets" (versoek) hulle Hom...   
- hulle toets bv. of die Here regtig vir hulle omgee (deur besluite te neem volgens hulle eie wil, en te "glo" dat Hy hulle steeds te hulp sal kom!)
- hulle toets of Hy hulle sal vergewe (al doen hulle nie Sy wil nie, en laat na om hulle te bekeer van dooie werke!)
-  hulle toets of Hy tevrede sal wees met bloot offers (in plaas van barmhartigheid en gehoorsaamheid);
-  hulle toets of Hy Sy beloftes sal hou (al doen/begeer hulle nie Sy wil nie!).
(dit wys eintlik daarop dat hulle Hom nie vertrou nie - net soos die werker nie sy leier vertrou nie- m.a.w. hulle het nie "geloof" nie!)
---------------------------------------------------------------------------------

GEDAGTE VIR DIE WEEK: Laat ons in hierdie week seker maak dat ons verstaan wat geloof is, en wat dit beteken wanneer iemand "die Here versoek", sodat ons nie in dieselfde strik trap as "die volk in die woestyn", wat gedurig die Here versoek het nie! - van hulle het Hy gesê: "Hulle sal in my rus nie ingaan nie". (Hebr. 3:7-13)

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
VIR VERDERE STUDIE OOR DIE ONDERWERP VAN WAT DIT BETEKEN "OM DIE HERE TE VERSOEK", GAAN NA MY BLOGPOST GETITELD :

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.