Dinsdag 18 Februarie 2014

Wat dit beteken "OM GOED TE DOEN"

(Joh 5:29 - "en sal uitgaan, die wat goed gedoen het, tot die opstanding van die lewe, en die wat kwaad gedoen het, tot die opstanding van die veroordeling"). In die opstanding sal nie alle Christene opstaan tot lewe nie, maar sommige (die wat kwaad doen) sal opstaan tot veroordeling... 

Weergeborenes wat "goed gedoen" het sal opstaan tot lewe, maar wat presies word gesien as "goed gedoen"? 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

OM "GOED TE DOEN" GAAN NIE NET OOR "BARMHARTIGHEID" (Matt. 25:35-40) NIE, maar 
ons doen bv. ook goed wanneer ons:
"nie die kwaad navolg nie" (3 Jh 1:11),
-  "let op wat ons met die tong spreek" (1 Pet. 3:11),
"'n goeie gewete behou" (1 Pet. 3:15-17),
 "onderdanig is en ly ter wille v/d geregtigheid" (1 Pet. 2:20)....... 

Hierdie dinge maak nie net deel uit van die CHRISTEN SE VRUG (waarop hy uiteindelik geoordeel sal word) nie, maar hy sal ook daarvolgens BELOON word (1 Kor. 3:12-15). M.a.w., 'n gelowige gaan nie net beloon word vir die gunste wat hy vir ander gedoen het nie, maar ook vir dinge soos die feit dat hy "sy tong in toom hou", "ly ter wille van die geregtigheid", "'n goeie gewete behou", ens. 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die Here Jesus Christus se wederkoms sal gepaard gaan met OORDEEL... - dan sal Hy o.a. die skape (barmhartiges-die wat goed gedoen het) van die bokke (onbarmhartiges-die wat nie goed gedoen het nie) skei, maar let gerus op Jesus se woorde in die bergpredikasie waarin Hy o.a. verklaar het dat ook nie alle goeie dade beloon gaan word nie!  Waar goeie dade bv. gaan oor "selfverheffing", soos gedoen met die doel om "geëer te word" of "om gesien te word", sal dit nie beloon word nie. 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Ons moet dus verstaan wat die term barmhartigheid werklik beteken, en dat dit veral wys op dade wat gedoen is volgens die wil van die Here (Joh. 5:30) en vir naasteliefde (Matt. 7:12). 
Let op hoeveel dit te doen het met die 2 belangrikste gebooie:
(1) OM DIE WIL VAN DIE VADER TE DOEN (Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand).  Barmhartigheid gaan nie oor "eie wil soek" (selfverheffing, wil geeer word, wil gesien word, ens.) nie, maar gaan oor wat die wil vd Here is (wat verwag die Here van jou?  Wat wil Hy he moet jy doen? Ken jy Hom?, ens).  As ons dit verstaan sal ons inderdaad "goed doen". Wanneer ons die Here se wil soek, is dit maklik om barmhartig te wees want dan gaan ons outomaties "goed doen" (dit sal nie soos werke voel nie, want dit is die vrug van ons onderdanigheid aan die Here), bv. sal outomaties dan "nie die kwaad navolg nie", "let wat ons met die tong spreek", " 'n goeie gewete behou", "onderdanig wees en ly ter wille vd geregtigheid", ens. MAAR wanneer ons barmhartig is volgens eie wil kom alles nie so maklik nie (en dan is dit inderdaad werke, nie vrug nie).  In Matt. 7:20-23 het Jesus verklaar dat dit slegs die is "wat die wil van die Vader doen", wat sal ingaan in die koninkryk van die hemele... (hulle word gesien as die wat "goed gedoen" het).  Baie sal dink hulle het "goed gedoen" omdat hulle geprofeteer het of duiwels uitgedrywe het. of kragte gedoen het, maar as hierdie dinge gedoen is uit eie wil en tot eie voordeel, sal dit i.p.v. vrug eerder soos dooie werke gereken word en Hy sal in daardie dag vir hulle sê: (Mat 7:23) "... Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk" - hulle "goeie werke" is toe op die einde as "ongeregtigheid" gereken.  Baiemaal word barmhartigheid teruggehou omdat iemand dink dit kom die ander persoon nie toe nie, of hy dink dat hy dit nie verdien nie, maar Jesus het geleer dat ons moet goed doen selfs aan die wat vir ons haat! (Matt. 5:44).  Die gesindheid moet gekoppel wees aan wat die wil vd Here is - ons moet bv. die beste vir iemand anders toewens al doen hulle nie dieselfde vir ons nie (dit word gesien as goeie dade);  of moet onsself nie belangriker ag of dink ons verdien meer as 'n ander nie (Matt. 23:12). Om as "goeddoen" gesien te word moet "werke" dus beweeg word deur die leiding vd Heilige Gees en uit gehoorsaamheid aan die Here - dit gaan nie oor wat ons dink is goeie dade nie, maar wat die Here beskryf as goeie dade (die Heilige Gees moenie gehoorsaam wees aan ons nie, maar ons moet aan Hom gehoorsaam wees...). Die wat uiteindelik gesien sal word as deel vd Here se familie, is die wat die wil vd Vader doen... (Matt. 12:50). 

(2) OM AAN ANDER TE DOEN SOOS JY WIL HE HULLE AAN JOU MOET DOEN (Jy moet jou naaste liefhê soos jouself).  Soos gesien op punt 1 is "goeie dade" gekoppel aan 'n goeie gesindheid.  Waar dit nie met die regte gesindheid geskied nie, kan dit nie geklassifeseer word as tipies "goeie dade" nie!  Bv., as jy jou tiende gee met 'n verkeerde hart, gaan dit nie hanteer word as "goeie dade" nie. Op dieselfde wyse moet ons harte reg wees wanneer ons barmhartigheid betoon, om bv. aan ander te doen soos ons wil he hulle aan ons moet doen...

------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEDAGTE:

NIE ALLE "goeie dade" SAL EENDAG AS goeie dade GEREKEN WORD NIE.  Die begrip "goeie werke" verwys na 'n spesieke groep werke, bv. werke gedoen volgens die wil vd Here en vir naasteliefde.  Bv., werke gedoen vir "eie gewin" word nie getel as "goeie dade" nie. Waar goeie dade volgens eie wil gedoen word of tot selfverheffing (met die doel "om gesien te word" of  "om belangrik te wees", ens.), sal sulke werke eendag nie beloon word nie (Matt. 6:1-5; 23:1-12), want hierdie soort "werke" is nie tipies die werke waarna die Skrif verwys as "goeie dade" nie.  Daardie dade mag wel tot voordeel geskied het van 'n ander ja, maar dit is nie die soort dade waarvoor jy eendag BELOON gaan word nie (want jy't klaar jou beloning weg!). Dit waarna die Skrif verwys as "goed gedoen" (dade wat eendag beloon sal word), verwys na dade gedoen uit GEHOORSAAMHEID (volgens die wil vd Here...), en gedoen met die regte gesindheid.


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.