Dinsdag 11 Maart 2014

Het die Christen klaar gewen, of moet hy nog wen?


Ons kan die woorde "hom wat oorwin",  vertaal as "die wenner" - maar wat presies is dit wat die gelowige moet OORWIN (of wen)? 
========================================================================
Gelowiges is van mening dat hulle alreeds "oorwin het":
 (1Jn 5:5)  "Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is?".  
-Daarom verstaan ons nie altyd mooi wat Jesus nou eintlik bedoel het met die woorde "die wat oorwin" nie! Paulus het ook die volgende geskryf aan die gemeente van Korinte: (1 Kor. 9:24,25 - "Weet julle nie dat die wat op die baan hardloop, wel almal hardloop, maar dat een die prys ontvang nie? Hardloop só dat julle dit sekerlik kan behaal. En elkeen wat aan ‘n wedstryd deelneem, onthou hom in alles—húlle nogal om ‘n verwelklike krans te ontvang, maar ons ‘n onverwelklike").

Om presies te verstaan wat Jesus bedoel het met "die wat oorwin", moet ons na die 7 briewe in Openbaring in konteks gaan kyk.  Dit gaan oor wat Hy van elke gemeente VERWAG HET! (m.a.w. die voorwaardes) - en l.w., nie net in die geval van wanneer iemand afvallig begin raak het nie, maar selfs ook vir die wat regstap!    Al 7 briewe  was geskryf aan Christen GELOWIGES, tog met baie voorwaardes en waarskuwings.  Vandag glo menig gelowiges dat daar geen voorwaardes aan gelowiges gestel moet word nie, en dat daar ook geen waarskuwings is nie!?  DIT IS HEELTEMAL ONSKRIFTUURLIK.  Inteendeel, 'n gelowige wat nog nie "gehoorsaamheid" verstaan nie, verstaan maar min van "geloof"!  Waar gelowiges nie ag gee op die pad van godsaligheid nie, staan hulle die gevaar om "iets" te verloor. 

net die "wat oorwin", sal die beloftes deelagtig raak...
-----------------------------------------------------------------

OPSOMMING (uit 7 briewe-Openb. 2-3):
WAT MOET DIE GELOWIGE DOEN "OM TE OORWIN" 


(1)  MOET DIE HERE AS EERSTE LIEFDE KEN (as iemand Hom nie eerste stel in sy lewe nie, moet hy hom BEKEER - hy gaan dus 'n OORWINNAAR wees as hy daadwerklik homself opnuut bekeer en die Here as eerste Liefde begin ken - dit is iets wat hy moet DOEN)
(en as so iemand hom nie bekeer nie, dan die vreeslike uiteinde:  "anders kom Ek gou na jou toe en sal jou kandelaar van sy plek verwyder as jy jou nie bekeer nie - l.w. dat Jesus hier gepraat het met gelowiges - hulle het die "werke" gehad, "lydsaamheid" en die "goeie liefgehad"!).

 (2)  Moet te midde van verdrukking GETROU BLY TOT DIE DOOD TOE (l.w. dat hierdie die teenoorgestelde is van wat vandag in baie kerke geleer word - inteendeel, a.g.v. valse leerstellings, glo baie gelowiges vandag dat die Here nie sal toelaat dat hulle deur verdrukking gaan nie!)(dit is duidelik dat Jesus van hierdie voorbeeldige gelowiges, wat terloops "ryk is in Hom", VERWAG dat hulle "getrou bly tot die dood" - Hy gaan hulle nie red uit die verdrukking uit nie, maar verwag van hulle om dit te verduur - dan sal hulle OORWINNAARS wees).

(3) Hy verwag van hulle om TE LET OP DIE PAD VAN GODSALIGHEID (om nie te  stap in aanhoudende sondes nie, maar om heilig te lewe en te groei in hulle Christelike lewe) en WEG TE DOEN MET VALSE LEERSTELLINGS (dit sou tog beteken dat hulle die waarheid soek!)  ( L.w. dat  hierdie gemeente 'n vb. was van gelowiges wat vashou aan die Here se Naam en die geloof in Hom nie verloen het nie; tog het hulle valse leerstellings toegelaat in hulle midde!)(valse leerstellings veroorsaak dat gelowiges nie die waarheid soek nie en nie ag gee op die pad van godsaligheid nie - in hierdie geval het die gelowiges sekere sondes regverdig a.g.v. die valse leerstellings.  Dit gebeur in baie kerke vandag en gelowiges aanvaar ongeregtigheid in hulle midde a.g.v. valse leerstellings - sou hulle egter ag gee op die waarheid en die pad van godsaligheid, dan sou hulle die nodige onderskeiding kon maak!).

(4)  Vir die wat nie betrokke was by die valse leerstellings nie, het Jesus beveel om VAS TE HOU dit wat hulle het totdat Hy kom  (vgl. dit gerus met Luk. 18:1-9; 2 Thess. 2:15; Hebr. 6:18 ens.)(om "vas te hou" is iets wat "gedoen" moet word!)

 (Openb. 2:26)  "En aan hom wat oorwin en my werke tot die einde toe bewaar, sal Ek mag oor die nasies gee" 

(5)  Die wat net die naam het dat hulle lewe, maar eintlik dood is, moet hulle BEKEER tot die Here (m.a.w. vir Hom begin lewe en Hom ken)die WAARHEID ONTHOU EN DIT BEWAAR, en l.w. dat hier met gelowiges gepraat word! Mens wat hulleself voordoen as Christene - ook deur werke - asof hulle lewe in die Here, maar hulle ken Hom nie regtig nie en lewe vir hulleself, nie vir die Here nie)(hulle hoor die waarheid, die woord, maar bewaar dit nie - die sorge v/d lewe en die verleiding v/d wereld verstik die woord)
(hulle moet hulself ondergeskik stel aan die Here, aan Sy wil, die woord meer bepeins, m.a.w. "die waarheid onthou", en hulle gedagtes vernuwe - "die waarheid bewaar")(vgl. dit met Mat 6:31-34 - "Daarom moet julle jul nie kwel en sê: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie? (SORGE V/D LEWE)Want na al hierdie dinge soek die heidene; want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het. Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word. Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad").

(6)  HOU VAS WAT JY HET, "sodat niemand jou kroon kan neem nie"  (alhoewel hierdie gelowiges MIN KRAG gehad het, het hulle die woord van Sy lydsaamheid bewaar en nie Sy Naam verloen nie)(kyk die woorde "sodat niemand jou kroon kan neem nie" - alhoewel hulle min krag het, het hulle alreeds "krone" verwerf, maar sou hulle nie "vashou" nie, kan hulle hul krone verloor!)(vele gelowiges het reg begin, maar met die tyd "opgegee" - so kan hulle hul krone verloor!)


(7)  Die gelowiges wat ryk is in besittings, hulle hoop plaas in wereldse sekuriteit en wysheid, en vriende van die wereld is, MOET HULLE BEKEER (praat van "lou" gelowiges)(hulle word aangemoedig om EERDER RYK TE WORD IN DIE HERE, SALF en WIT KLERE VAN HOM TE KOOP)(nie almal verstaan wat met "lou" bedoel word nie!  Lou Christene is die wat geestelik "arm, blind en naak" is - geestelik arm, maar ryk in aardse besittings; geestelik blind, maar het goeie sig en onderskeiding in wereldse dinge; geestelik naak, maar geklee op 'n wereldse wyse, in die sin van eerder vriende met die wereld wees, as om op te staan vir die waarheid en bereid te wees om deur verdrukking te gaan terwille van die Here)(bestudeer gerus die tema van afgodsdiens saam met hierdie, bv. kyk na gierigheid ens.)(hoekom word van hulle verwag om "wit klere" te koop - kyk my blogpost : http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/03/wie-oorwin-sal-beklee-word-met-wit.html)

ONS HET UITEINDELIK EERS WERKLIK OORWIN  WANNEER DIE HERE JESUS CHRISTUS ONS OPWEK TOT LEWE, OP DAARDIE DAG WANNEER HY TERUGKOM, WANNEER HY SAL OPWEK 
"WIE HY WIL" !  -(1 Kor.. 15:54 - "En wanneer hierdie verganklike met onverganklikheid beklee is en hierdie sterflike met onsterflikheid beklee is, dan sal vervul word die woord wat geskrywe is: Die dood is verslind in die oorwinning")http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/09/opsomming-die-opstanding-wegraping.html==================================
(2Ti 4:7)  "Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof behou".

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.