Dinsdag 25 Maart 2014

Hoe raak ons KRAGTIG IN DIE HERE?

  (Ef 6:10) - "Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die 

                                     krag van sy sterkte".


Ons moet altyd vra wat "die doel is" hoekom iemand iets begeer, doen of glo:

*  Wat is bv. die doel hoekom iemand gevul wil word met die krag van die Heilige Gees?  Is dit om kragtige dade te doen?  Of is dit om krag te kry sodat hy kan getuig? (http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/06/wat-het-jesus-bedoel-met-die-woorde.html)
*  Wat is die doel hoekom iemand tot bekering kom?  Is dit slegs om die hel vry te spring, of is dit omdat hy homself wil onderwerp aan die gesag van die Here?  (http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/04/onderwerp-julle-dan-aan-god.html)
*  Wat is die doel hoekom iemand die gawes van die Gees begeer?  Is dit omdat hy iets besonders wil wees, of is dit om deur die Gees gelei te word om die liggaam van Christus te stig?(http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/03/gawes-en-bedieninge-aangeleer-of-ontvang.html)

Simon het bv. 'n sekere gawe begeer omrede hy iets besonders wou wees - (Hand. 8:9-24) ...AS IEMAND SE DOEL VERKEERD IS, DAN MAG hy DINK DAT HY KRAGTIG IS IN DIE HERE, MAAR IS HY?   -(Mat 7:22)  "Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie?(Mat 7:23)  En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!".  -DIE PROBLEEM HIER IS NIE "DIE PROFESIE" OF DIE "UITDRYF VAN DUIWELS" OF "KRAGTIGE DADE" NIE, MAAR DIE FEIT DAT DIESULKES DINK DAT DIE DINGE BETEKEN DAT HULLE KRAGTIG IS IN DIE HERE!  (dit is nie die gawes wat die probleem is nie, maar die manier hoe iemand die gawes verkeerd gebruik en voorgee dat hy die Here KEN!).

 ONS MOET ONSSELF AFVRA "WAT DIE DOEL IS WAAROM ONS "KRAGTIG WIL WEES IN DIE HERE"? EN TOE PAULUS HIERDIE OPDRAG GEGEE HET IN EF. 6:10, WAT WAS SY DOEL DAARMEE??   --------------------------------------------------------------------------------------------- ----------

(Ef 6:10) - "Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte".  (Ef 6:11) - "Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel".  PAULUS SE DOEL MET HIERDIE OPDRAG was "SODAT ONS STAANDE KAN BLY TEEN DIE LISTE VAN DIE DUIWEL". Die liste van die duiwel behels o.a.:  -dat hy die woord steel uit mense se harte(Luk 8:12);dat hy mense versoek om hulle hoop te plaas in sorge en rykdom en genietinge van die lewe:  (Luk 8:14);dat hy mense versoek om te val vir sy lee beloftes (Matt. 4:8);- hy versoek mense om hulle onderneminge met die Here te verbreek(Matt. 4:3);- hy probeer mense vang om sy wil te doen, in plaas van om gehoorsaam te wees aan die Here (2 Ti 2:26)(Matt. 13:38(b),39(b));- hy verlei mense (Openb. 20:10)....ONS DOEL HOEKOM ONS KRAGTIG MOET RAAK IN DIE HERE, IS SODAT ONS STAANDE KAN BLY TEEN DIE LISTE VAN DIE DUIWEL! 
- ons moet kragtig raak sodat ons nie val vir die versoekinge van die wereld nie, soos sorge en rykdom en genietinge (l.w. dat hierdie dinge kan veroorsaak dat die Christen onvrugbaar raak!);  
- ons moet kragtig raak sodat ons nie val vir lee beloftes nie! (baie gelowiges raak verkeerdelik betrokke in heidense praktyke soos oosterse meditasie en joga, bloot vir die sg. voordele wat hulle daaruit kan kry - hulle gaan agter lee beloftes aan!)
- ons moet kragtig raak sodat ons nie ons onderneminge met die Here verbreek nie..........ens.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

WAT MOET ONS DOEN OM KRAGTIG TE RAAK IN DIE HERE?
(Ef 6:10) - "Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte".  (Ef 6:11) - "Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel". 

Hoe trek ons die volle wapenrusting aan?
Baie Christene doen 'n daaglikse gebed waarin hulle die wapenrusting aantrek en hulle glo dat hulle dan "veilig" is omdat hulle die gebed gedoen het!  Tog is die gebruik van die woorde nie genoeg, as jy nie ook DOEN WAT JY BID nie! In so 'n geval glo die persoon dat daar krag is in sy woorde, maar "die krag" le nie in die woorde wat hy uitspreek nie, maar eintlik in die GELOOF, WAARHEID, GEREGTIGHEID, BEREIDHEID, VERLOSSING...

-Wat help dit iemand bid:  "Ek trek aan: die waarheid...", maar in werklikheid, soek die persoon nie na die waarheid nie en meet dit wat hy hoor, nie op met die kennis van die waarheid nie  so iemand is nie veilig nie! (hoe kan iemand iets beoordeel of dit die waarheid is as hy nie die waarheid ken nie - dit beteken daar moet tyd gemaak word vir Bybelstudie en om die skrifte te ondersoek;  leringe moet ook deeglik beoordeel word met die skrif;  moenie aanvaar dat wat iemand se is die waarheid net omdat hy godsalig voorkom nie, maar meet dit aan die skrif;  wees "bly saam met die waarheid") 

-Of die persoon bid:  "Ek trek aan: die borswapen van geregtigheid...", maar in werklikheid, begeer hy nie regtig om die wil van die Here te soek in sy lewe  sodat hy in geregtigheid kan stap nie, maar begeer eerder om te doen soos hy wil en self dink dit moet wees!  - so iemand is nie veilig nie!  ( "geregtigheid" gaan oor die wil van die Here, nie ons wil nie;  word daar gebid en gevra na die wil van die Here voor 'n besluit geneem word?....ens.)  

-Of iemand neem die skild van geloof op, in gebed, maar in werklikheid lewe nie 'n lewe van geloof nie en plaas nie sy vertroue in die Here nie, en is Hom nie gehoorsaam nie, en ken Hom nie as eerste Liefde nie!  - so iemand is nie veilig nie!  (ken jy Hom as Eerste Liefde?; het jy jouself onderwerp aan Hom?  Dien jy nog die sonde, of dien jy die Here?..ens.)  

-Of iemand trek die skoene aan vir bereidheid om die evangelie van vrede te verkondig in gebed, maar in werklikheid vertel hy vir niemand van die Here nie en val in by die valse vrede van die wereld en versuim om die ware vrede met enige iemand te deel!  - so iemand is nie veilig nie!

-Of iemand neem aan, die helm van verlossing in gebed, maar in werklikheid maak hy Christus se verlossingswerk 'n grap deur sy vryheid te gebruik om in opsetlik aanhoudende sondes te stap - watter offer is daar dan nog vir so iemand?  - so iemand is nie veilig nie!

-Of iemand neem die woord op in gebed, maar in werklikheid lees dit soos hy dit wil verstaan en lees net die dele wat hom in sy gehoor streel  - so iemand is nie veilig nie!

-Of iemand neem tyd om te bid, maar bid net vir homself en sy eie begeertes - so iemand is nie veilig nie....
===========================================================

GEDAGTE VIR DIE WEEK:

Waar die Christen in Ef. 6 beveel word om KRAGTIG TE WORD IN DIE HERE, gaan dit nie oor "'n outoriteit wat iemand ontvang" nie, maar in konteks gaan dit eerder oor onderwerping aan die Here se wilom Hom gehoorsaam te wees, om Hom te vertroudie waarheid te soek, in geregtigheid te stap....ens., m.a.w. dit is 'n "verantwoordelikheid".

===========================================================
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/06/wat-beteken-dit-dat-daar-krag-is-in-die.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/03/hoekom-so-min-christene-die-gawes-van.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/04/om-in-die-gawes-van-die-heilige-gees-te.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/05/wat-dit-beteken-om-kragtig-te-wees-in.html


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.