Dinsdag 18 Maart 2014

Hoe voer ons die stryd?

ALHOEWEL SOMMIGE CHRISTENE GLO DAT HULLE IN GEEN STRYD GEWIKKELD IS NIE, IS ELKEEN IN 'N WEDLOOP (1Kor. 9:24-27), en word ons beveel in Jak. 4:7 om die duiwel te weerstaan:  "Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug".  Ook in 1 Pet. 5:8 en 9 word ons beveel om die duiwel tee te staan: (1Pe 5:8,9 - "Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind. Hom moet julle teëstaan, standvastig in die geloof, omdat julle weet dat dieselfde lyding opgelê word aan julle broederskap wat in die wêreld is")Maar in watter opsig word ons beveel om die duiwel tee te staan? En wat is hierdie stryd wat ons voer? 

Die manier hoe baie gelowiges hierdie "stryd" verstaan, is dat hulle hulself sien as oorwinnaars wat "claim" wat eintlik aan hulle behoort - hulle kom in opstand teen enige tipe van verdrukking, moeilike omstandighede, armoede, siekte...ens. - hulle sien hierdie dinge as maniere hoe die duiwel hulle seen steel...Om die "stryd te stry", "bind" hulle hierdie dinge in hulle lewens, en herinner die Here aan Sy beloftes, en glo dat hulle woorde krag dra!  
-WAT 'N VREESLIKE VERDRAAIDE SIENING van "stryd voer"! Dit is glad nie wat met "stryd voer" bedoel word in die Bybel nie!   Stryd voer, gaan oor 'n innerlike stryd teen die bose - m.a.w. "OM DIE BOSE TE OORWIN".  Die term van "bose oorwin" (1 Joh. 2:13,14), gaan ten eerste oor "geestelike groei", die "jongman" waarvan Joh. praat, is die een wat die Vader ken, Sy woord ken en kan nee se vir sonde! - so iemand het die bose oorwin.  Ook wanneer ons die bg. drie skrifgedeeltes in konteks gaan lees, sal ons merk dat dit gaan oor 'n innerlike, persoonlike stryd, 
'n stryd teen sonde en 
'n stryd teen verdraaide/verkeerde gedagtes.
-----------------------------------------------------------------

MAAR KOM ONS KYK NA PAULUS SE WOORDE IN 2 KOR. 10 OM BETER TE VERSTAAN HOE ONS DIE STRYD STRY:
(2Kor. 10:3)  "Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie;
(2Kor. 10:4)  want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp,
HOE WERP ONS VESTINGS NEER?


(2Kor. 10:5) (1)  terwyl ons planne ("imaginations") verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, 
(2) en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus,
(2Kor. 10:6)  (3) en ons gereed hou om elke ongehoorsaamheid te straf wanneer julle gehoorsaamheid volkome is".


Hoe voer ons dan die stryd VOLGENS 2 KOR. 10?  
-(1)  verbreek planne ("imaginations") en skanse wat opgewerp word teen die kennis van God =ONS MOET ONS GEDAGTES IN ORDE KRY!)(moenie leerstellings in die stryd met die waarheid, BEDINK nie, maar "verbreek dit" deur die waarheid te soek, alles te beoordeel, op te staan teen dit wat nie die volle waarheid is nie;  moenie verkeerd oordeel nie...(VGL. dit met dele v/d wapenrusting - Ef. 6:11 "lendene met die waarheid omgord"; "skoene aan voete, bereidheid om evangelie van vrede te verkondig"; "swaard van die gees"...)
-(2)  -neem elke gedagte gevange tot gehoorsaamheid aan Christus = (ONS MOET ONS GEDAGTES IN ORDE KRY! )(plaas GEDAGTES op die dinge daarbo, dink aan die Here, neem gedagtes gevange wat nie van die Here is nie en moenie gedagtes koester wat tot ongehoorsaamheid kan lei of nie heilig is nie "skild van geloof"; "helm van verlossing"; "bid in die Gees"...);


-(3)  - straf elke ongehoorsaamheid deur gehoorsaamheid te kies (wanneer jy DINK daaraan om verkeerd te doen, maak 'n daadwerklike besluit om liewer gehoorsaam te wees aan die Here;   le aanhoudend opsetlike sonde af en wees bly oor die waarheid, nie die ongeregtigheid nie"borswapen van geregtigheid"...)(ONS MOET ONS GEDAGTES IN ORDE KRY! ).  
-----------------------------------------------------------------
Ook in hierdie geval was die konteks dat Paulus van gelowiges gepraat het wat 'n verkeerde oordeel uitgespreek het - hulle het verkeerde gedagtes gekoester en so verkeerd geoordeel. Paulus gee nie hier 'n resep vir sogenaamde "geestelike oorlogvoering" nie, maar inteendeel vermaan hy hulle om hierdie "planne en skanse wat opgewerp is teen die kennis van God" (hierdie manier van hoe hulle dink dit is), self te verbreek en om hulle gedagtes self gevange te neem (te verander) tot gehoorsaamheid aan Christus - (nie die Here te vra om dit te verander, soos baie leer nie!, maar om jou gedagtes SELF TE VERANDER, en te onderwerp tot gehoorsaamheid aan Hom). Elke mens is self verantwoordelik om hulle gedagtes te verander tot gehoorsaamheid aan Christus. Die Here gaan dit nie vir jou doen nie, maar verwag van jou om dit te doen.  Toe Kain bedink om vir Abel dood te maak, het God van hom verwag om die gedagte van sy hart te verander: (Gen 4:7 - "...die sonde lê en loer voor die deur, en sy begeerte is na jou; maar jy moet daaroor heers"). Elke mens is heerser oor sy eie gedagtes. Ons kan dit anders stel en se dat Kain hom moes "bekeer" van hierdie gedagte;  as hy dit gedoen het, dan sou hy geen plek aan die duiwel gee nie!


Kyk ons bv. na Ef 4:27, wat klink soos 'n opdrag:  "en gee aan die duiwel geen plek nie", is dit eintlik die voltooiing van die vorige vers: "Word toornig en moenie sondig nie; laat die son nie ondergaan oor julle toorn nie".  Daarmee se hy eintlik dat, deur toornig te bly en so te gaan slaap (sodat dit heeltyd in die GEDAGTES rondmaal), is eintlik soos om "plek te gee aan die duiwel". Dit is dus 'n opdrag aan die persoon wat kwaad is om sy gedagtes te vernuwe (en doen wat nodig is), voor hy gaan slaap! (en so gee hy  aan die duiwel geen plek nie).  Ons gedagtes speel dus 'n groot rol daarin dat ons is en optree "soos ons dink";  - geen wonder daar is so baie skrifte in die Bybel rondom die tema van gedagtes!  

(1Pe 5:8)  "Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind.(1Pe 5:9)  Hom moet julle teëstaan, standvastig in die geloof, omdat julle weet dat dieselfde lyding opgelê word aan julle broederskap wat in die wêreld is". MAAR KYK NA DIE KONTEKS VAN HIERDIE TWEE SKRIFTE!!!:  - (1Pe 5:7)  Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle".   Ook hier het dit te doen met die GEDAGTES! ("bekommernis") - (in hierdie geval word hulle aangemoedig om hierdie gedagtes voor die Here te gaan le, die lyding te verdra en Eerste die koninkryk van God te soek...).
  Die manier hoe baie gelowiges vandag "geloof" verstaan, is dat die Here alles doen, en niks van hulle verwag word nie.  Hulle bid liewer dat die Here hulle gedagtes verander as wat hulle besef dat dit hulle eie plig is!  En as Hy nie "hulle gedagtes verander nie", dan getuig hulle dat hulle geen beheer oor hulle eie gedagtes het nie, en dan gee hulle die duiwel skuld vir hul toestand. Dit is dan maklik om te se, "ek bind jou, duiwel,  in die Naam van Jesus" - wat terloops heeltemal onskriftuurlik is! - maar dit is glad nie so maklik om GEDAGTES SELF GEVANGE TE NEEM TOT GEHOORSAAMHEID AAN DIE HERE nie! Baie sal liewer die Here kwalik neem wanneer dinge nie so goed verloop nie, en die Here "aan Sy beloftes herinner", maar wat hy eintlik moet doen, is om sy gedagtes in orde te kry!  Hy moet liewer sy gedagtes vir die Here gaan gee ("werp jou bekommernis op Hom"), sy lyding aanvaar, en sy gedagtes self plaas op die Here en op Sy dinge!  So is dit maklik om die Here te "herinner aan Sy beloftes", maar nie so maklik om die voorwaardes na te kom  nie, nie so maklik om EERSTE DIE KONINKRYK VAN GOD TE SOEK nie!  Baie Christene dink hulle is besig "om te veg", maar is nie wanneer hulle agter leerstellings aangaan wat hulle leer om passief te raak, en hulle leer dat daar niks van hulle kant verwag word nie, en hulle leer dat hulle alreeds gewen het nie!  
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEDAGTE VIR DIE WEEK:

-LAAT ONS IN HIERDIE WEEK  AG GEE OP "WAT ONS DINK", EN DAAGLIKS ONS DENKE VERNUWE - nie mediteer op die wereldse nie, of soos die wereld nie...

So stry ons die stryd:
-LAAT ONS IN HIERDIE WEEK AG GEE DAAROP DAT ONS PLANNE VERBREEK WAT OPGEWERP IS TEEN DIE KENNIS VAN GOD (die waarheid soek, en nie verkeerd bou - valse leerstellings - nie);
ONS EIE GEDAGTES GEVANGE NEEM TOT GEHOORSAAMHEID AAN DIE HERE (ons gedagtes plaas op die Here en op Sy dinge - en persoonlike tyd met die Here spandeer);  
en DAT ONS ELKE ONGEHOORSAAMHEID STRAF DEUR GEHOORSAAMHEID TE KIES (om nee te se vir sonde - wanneer ons dink aan die sonde, moet ons daaroor heers)!  
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/04/god-weet-wat-jy-dink.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/08/mat-527-het-gehoor-dat-aan-die-mense.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/11/mag-die-christen-mediteer-oosterse.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/03/meditasie.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2011/06/babas-in-die-geloof.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/hoe-groei-die-christen-geestelik.html

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.