Dinsdag 04 Maart 2014

Moet die gelowige, wat UIT GENADE GERED is, nog enige wette onderhou?


 Die woord "genade" verwys na "guns"
(m.a.w. om "in guns te wees") 

- Ons kan vra:  Wie is vir die Here welgevallig?;  Wie is in guns by Hom? 
Natuurlik ontvang ons guns deur geloof (Joh. 1:17) en nie deur werke nie; maar hoe klop hierdie met Petrus se woorde in Hand. 10:35 - "maar dat in elke nasie die 
 een wat Hom vrees en 
*  geregtigheid doen, Hom welgevallig is"--------------------------------------------------------------------------------------------- Tereg kan ons slegs genade vind DEUR GELOOF, ja, maar dit is waar ons teologie baiemaal uit die bus uitval want ons verstaan nie altyd wat GELOOF beteken nie. Inderdaad kan ons nie gered word deur werke nie, ja, en ons verdien ook nie eens om gered te word nie!, maar dit beteken nie dat daar niks van ons kant verwag word nie... As iemand gered wil word, moet hy GLO (en dink gerus 'n bietjie aan "glo" as 'n werkwoord!). Min verstaan dat geloof gaan oor wie jy dien en aan wie jy gehoorsaam is (Joh. 10:26,27). Baie bely bv. dat hulle in Jesus glo, maar begin jy met hulle gesels kom jy gou agter dat hulle nie regtig in Sy woorde en leringe glo of beoog om Hom gehoorsaam te wees nie, maar eerder leringe vertrou in teenstryd met wat Jesus geleer het en doen soos hulleself goeddink of wat hulle wil. 

Guns word bewys aan die wat GLO - (bv. die wat Hom vrees en Sy geregtigheid doen, en dan word so iemand deur die Vader getrek na die Seun om vergifnis van sondes te ontvang...)(Joh. 6:44);  -en hierdie geloof word verder bewys wanneer iemand vir Jesus aanvaar, want jy kan nie bely jy glo in God die Vader maar jy glo nie in die weg wat Hy geskep het deur Sy Seun vir jou om redding te verkry nie...---------------------------------------------------------------------------------------------
Paulus het dit as volg verduidelik:
(Rom 4:3)  "Want wat sê die Skrif? Abraham het in God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken.
(Rom 4:4)  Maar aan hom wat werk, word die loon nie na guns toegereken nie, maar na verdienste;
(Rom 4:5)  aan hom egter wat nie werk nie, maar glo in Hom wat die goddelose regverdig, word sy geloof tot geregtigheid gereken".          -Hiermee wil hy nie sê dat daar geen gehoorsaamheid verwag word nie, maar dat die een wat werk loon ontvang volgens hoeveel hy gedoen het (nie volgens "guns" nie). Ons kan 'n vb. noem van iemand in 'n werksituasie waar 'n leier oor hom aangestel is. In 'n werksomstandigheid kan 'n werker al sy werk goed doen en alles op datum hê, maar dit is duidelik wie regtig hulle leiers respekteer en wie nie - die een wat alles wat die leier sê in twyfel trek en hom nie die nodige respek betoon nie, en hom nie altyd wil navolg nie,  WYS DAT HY NIE SY LEIER VERTROU NIE. In so 'n geval verdien die werker loon volgens verdienste, maar hy het nie guns by sy leier nie... (hy's 'n goeie werker en word beloon na verdienste, maar nie volgens guns nie). As hy sy leier VERTROU, dan sal hy ook guns verkry, en nie net sal daardie vertroue hom regverdig nie maar sy vertroue en onderdanigheid is ook soos 'n bewys dat hy regtig die leier vertrou - dit "sal hom regverdig"... (want alhoewel ons genade/guns verkry deur geloof, word ons nie net geregverdig deur die geloof nie maar ook deur die werke - Jak. 2:24)- MAW, gehoorsaamheid is 'n bewys dat dat iemand "vertrou"/glo.  Daarom het Jesus ook verduidelik dat "meer geloof" gaan oor "om soos onverdienstelike DIENSKNEGTE te wees"... (Luk. 17) -----------------------------------------------------Om "uit genade gered te word", beteken dus nie dat iemand nie die voorwaardes van geloof hoef na te kom nie!  As iemand guns verdien deur geloof, dan moet hy ten minste GLO (vertrou)!  Daarom moet ons verstaan wat geloof beteken (maw wat dit beteken "om te vertrou").  Deur die geloof word iemand geregtig verklaar, m.a.w. die begrip "gelowiges" verwys eintlik na die wat hulle l(L)eier vertrou, hulleself ondergeskik stel aan hulle l(L)eier, h(H)om respekteer en s(S)y oordeel vertrou, h(H)om gehoorsaam...ens.  "Kinders van geloof" is die wat (werkwoord-)GLO! (m.a.w. die wat regtig die Here vertrou, Hom vrees en Sy geregtigheid doen, die wat Hom gehoorsaam - (die wat tot bekering gekom het;  hulle dien nie meer die sonde of hulle eie wil nie, maar dien nou die Here - hulle vertrou sy wil.  Daarom gaan bekering hand in hand met geloof . 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Sommige "gelowiges" kom dus voor of hulle gehoorsaam is omdat hulle hulle werk doen (wette onderhou - probeer saligheid verkry deur werke), maar bewys gou dat hulle nie werklik die Here vertrou nie wanneer hulle nie die Here vrees nie en bv. meer staatmaak op hulle eie sieninge of dink en doen soos hulle wil... Hulle het maw hulle nog nie regtig tot Hom bekeer om Hom te vertrou en dien en te gehoorsaam nie. Of iemand regtig vertrou/glo word dus eerder bewys deur GEHOORSAAMHEID en ONDERGESKIKTHEID sonder om jou Leier te bevraagteken of in opstanding te kom teen Sy weë . 

Niemand kan twee here dien nie. 
Daarom is "bekering" belangrik wanneer iemand tot geloof in die Here kom: 
-bekering van die manier hoe ons sien/dink, 
-bekering van werke en 
-bekering van afgode.  
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/09/wat-beteken-dit-om-tot-bekering-te-kom.html "GENADE" (guns) WORD BEWYS AAN DIE PERSOON WAT SY HOOP IN DIE HERE ALLEEN PLAAS - (d.w.s. die wat gehoorsaam is omdat hulle op Hom vertrou; nie die wat gehoorsaam is met die doel om geregverdig te word maar steeds afgodsdiens beoefen of glo en doen wat hulle wil nie). 
------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
GEDAGTE:

Wanneer ons wil verstaan wat dit beteken dat iemand GERED WORD DEUR GELOOF, moet ons darem verstaan wat geloof beteken, want vertroue strek baie verder as om bloot een of twee opdragte uit te voer... Werke alleen kan niemand red nie - soos 'n werker wat net die opdragte uitvoer wat vir hom gegee word - inderdaad "verdien" hy op hierdie manier ja, maar dit beteken nie dat hy in guns is by sy leier nie (want hy doen dalk net die werke ter wille van die verdienste). Dit is iets anders wanneer 'n werker ook sy leier VERTROU (maw in hom glo). Wanneer iemand "GLO" in sy leier (dink werkwoord-gewys), dan vertrou hy sy oordele, besluite, woorde ens. Hy gaan nie in opstand kom teen sy opdragte of sy besluite of wysheid in twyfel trek nie. As ons bv. bely ons glo in Jesus, dan moet ons ook glo in Sy woorde en leringe en Sy besluite en wil nie in twyfel trek nie... Dit is dan die verskil tussen iemand wat die ewige lewe probeer "verdien" deur WERKE, en die wat dit ontvang deur GELOOF. "Gelowiges" verwys na die wat inderdaad GLO! (hulle vertrou die Here, dien Hom, is gehoorsaam aan Hom).

Om uit genade gered te wees (om guns te verkry deur geloof), beteken dus nie dat daar glad nie van iemand verwag word om "te glo" nie, want in watter werk waar iemand vir 'n baas werk gaan hy kan doen net wat hy wil?  In watter koninkryk word die onderdane toegelaat om geensins gehoorsaam te wees nie en die koning se bevele in twyfel te trek en die koning nie te vrees nie...? Natuurlik word dit van kinders vd Koninkryk verwag om gehoorsaam te wees en onderdanig te wees aan die Here, moet Hom vrees, Sy geretigheid soek...  Maar onder die "kinders vd Koninkryk" is daar sommige wat steeds hulle geloof deur werke beskryf, want hulle "werk om te verdien", i.p.v. "verdien omdat hulle glo"; sulke kinders vd Koninkryk weet nie wat geloof beteken nie en trek bv. gedurig die Here se woorde in twyfel of glo wat hulle wil en doen soos hulle wil.

Genade (guns) verwys nie na genade op goddelose mense (wat hulle nie bekeer het tot die Here) nie, maar verwys na guns op GELOWIGES (die wat hulle tot Hom bekeer het en Hom dien en vertrou/glo, Sy wil doen...).
________________________________________________________



NS: 
Rom 1:7 - "aan al die geliefdes van God, geroepe heiliges wat in Rome is: Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!"
"Genade" is die griekse woord "charis", wat beteken: ("acceptable, benefit, favour, gift, grace (ious), joy liberarity, pleasure, thank (s)(worthy)").  
-  Gen 6:8 -  "Maar Noag het genade gevind in die oë van die HERE" - "Genade" is die Hebreeuse woord "khane" - ("favour, grace (ious), pleasant, precious, (well)-favoured").

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.