Maandag 09 Junie 2014

En dan sal Hy sê: "Ek het julle nooit geKEN nie..."

Toe die Here Jesus die eerste keer gekom het, het Hy nie gekom om te oordeel nie.  Wanneer Hy egter terugkom, gaan Hy kom om te oordeel.
Geen gelowige sal die woorde wil hoor, "Ek het jou nooit geken nie..."!
-------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Om in die gawes en bedieninge van die Heilige Gees te stap, verg GEHOORSAAMHEID!
Dit beteken dat daardie persoon die wil van die Here ken, en dit doen...  Maar moenie dink dat almal wat lyk of hulle in die gawes stap, regtig die Here KEN nie!  Ook uit Jesus se woorde is dit duidelik dat daar mense is wat in gawes stap, of selfs duiwels uitdryf, maar Hom tog nie werklik KEN nie!   Van hierdie "voorgee" Christene,  het Hy die volgende gese: (Matt. 7:21-23) -  "Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.  Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie?  En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geKEN nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!". Selfs gawes kan volgens eie wil geskied.  Iemand kan bv. "profeteer" asof hy ter wille van die Here 'n woord gee, maar gee 'n woord wat uit homself kom, m.a.w. wat hy dink die persoon moet hoor, nie uit gehoorsaamheid aan wat die Here wil he hy moet se nie.   As iemand nie die Here ken nie, dan gaan hy nie van Hom "hoor" nie - hoe kan hy dan bedien?   -"Daar is 'n verskil tussen iemand wat gehoorsaam is aan die Here, en iemand wat voorgee dat hy gehoorsaam is aan die Here, maar eintlik gehoorsaam aan sy eie wil".
Die persoon wat uit homself profeteer, gee voor dat hy "goeddoen". http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/03/as-jy-dink-jy-doen-goed.html Hy soek nie na die wil van die Here nie, maar "doen goed" om verkeerde redes.  Hy profeteer m.a.w. nie met die doel "OM TE GETUIG" nie  http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/06/wat-het-jesus-bedoel-met-die-woorde.html , maar omdat hy die persoon jammerkry, of met die doel "om gesien te word", of om "iets te wees", of om belangrik voor te kom...http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/03/wat-moet-die-christen-se-persepsie-wees.html. So is baie (gelowiges) wat in gawes en bedieninge stap, SE DOEL VERKEERD!
Hier moet ons onderskei tussen 
die ware Christen (wat in gawes stap omdat hy die Here KEN en gehoorsaam en met die doel om te getuig)
en die 
Christen wat voorgee (die akteur)(die geveinsde)(die wat nie regtig die Here ken nie en in "gawes stap" met 'n verkeerde doel). Die manier hoe ons hierdie onderskeiding maak (het Jesus vir ons geleer), is deur na hulle "vrug" te kyk! Baie Christene gee voor dat hulle die Here ken, maar neem besluite en "bedien" volgens eie wil - sulke mense verdraai bv. die waarheid en skep 'n teologie volgens eie wil, of een wat hulle in die gehoor streel! Wat ook kenmerkend is van sulke voorgee-Christene, is dat hulle nie net besluite neem volgens eie wil nie, maar dat hulle nie veel aandag gee aan die pad van godsaligheid nie.  
Gawes en bedieninge vloei uit gehoorsaamheid aan die Here!, nie volgens wat ek dink of wil he moet gebeur nie...   Deesdae glo baie gelowiges dat gawes of bedieninge aangeleer kan word.  Daar is bv. heelwat kerke wat hulle lidmate onderrig gee in hoe om in gawes te stap, bv. om hulle te leer om "te profeteer".  Hierdie is egter 'n snaakse verskynsel en glad nie skriftuurlik nie! Dat gawes wel ontvang kan word deur handoplegging, is waar, maar dit word nie aangeleer nie!  Wat belangrik is wanneer iemand deur die Here gebruik wil word, is dat die gelowige die waarheid soek/ken, en tyd met die Here spandeer - as die lering dit behels, dan lei dit die persoon tot gehoorsaamheid aan die Here sodat die Here hom kan gebruik in die gawes en bedieninge van Sy Gees;  maar  "Gawes en Bedieninge" is nie iets wat aangeleer word nie, maar iets wat ontvang word deur die Heilige Gees!  -  M.A.W., DIT GAAN OOR GEHOORSAAMHEID AAN DIE HERE SE OPDRAGTE. Die Here gee die opdrag, en die gelowige gehoorsaam!  Die Gees werk soos Hy wil (1 Kor. 12:11), nie soos ons wil nie! (en dit verg gehoorsaamheid). Ook moet die Here nie vir ons volg nie, maar ons moet vir Hom volg!  Daarom gaan geen gawe oor wat ek dink moet gebeur, of wat ek dink die persoon moet hoor nie, maar om te praat/doen wat die Here vir my se om te doen. Dit gaan oor GEHOORSAAMHEID AAN SY OPDRAG!

 Dit kan iemand slegs doen as hy die Here KEN!  Baie Christene bly by die "baba-stadium" op die pad van geestelike ondervinding, en gaan nie oor na die "kind" stadium waar hulle in 'n persoonlike verhouding met die Here kom nie.  
Let wel

 dat om "in die gawes van die Gees" te stap,

 nie beteken dat iemand ver gegroei het op die

 geestelike pad nie!  Hierdie is 'n groot 

miskonsepsie by baie Christene.  Die gemeente 

van Korinthiers het nie in een gawe 

agtergestaan nie, tog noem Paulus hulle 

"babas" in die geloof! 

=================================================================================


GEDAGTE:


Dit is slegs die wat die wil van die Here doen, wat in die koninkryk van die hemele sal ingaan.  In konteks (Matt. 7) het Jesus ook gepraat van die "vrug v/d gelowige" en oor "gehoorsaamheid aan Sy stem".  Dit is duidelik dat wanneer iemand nie die nodige vrug dra nie en ook nie Sy wil doen nie, dat so iemand nie regtig die Here KEN NIE.  Johannes het ook hierdie feit duidelik gemaak en ongehoorsaamheid toegegee aan die feit dat iemand nie die Here KEN nie:  (1Jn 2:3).

-  (Joh 15:4)  "Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie".

-  (Mat 7:15,16)  "Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is. Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. ‘n Mens pluk tog nie druiwe van dorings of vye van distels nie!"

=================================================================================

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.