Maandag 14 Julie 2014

Wat beteken dit dat die gelowige die koninkryk sal beërwe ?

Wat beteken dit regtig dat die gelowige "die koninkryk sal beërwe"? (2 Pet. 1:11).  
Beteken dit dat die gelowige vir ewig in die hemel sal bly? Of is dit op die aarde?  Is die koninkryk van God hemels, of aards? 
Aan die een kant wag ons om in 'n hemelse koninkryk in te gaan (2 Tim. 4:18), maar aan die ander kant word vir die sagmoedige belowe dat hy die "aarde sal beerwe"? (Matt. 5:5). 
Is dit slegs beeldspraak, of praat dit van 'n letterlike koninkryk?  
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Alhoewel gelowiges verstaan dat hulle die koninkryk van God sal beerwe, is baie onkundig oor wat die koninkryk regtig behels. Sommige Christene glo dat hulle vir ewig in die hemel gaan bly en verstaan nie regtig die konsep van dat die Here Jesus sal terugkom om Sy koninkryk op te rig nie...  hierdie koninkryk, wat terloops vir die mens berei is reeds van die grondlegging van die wereld af...! (Matt. 25:34).  'n Koninkryk het 'n koning, en die koning moet teenwoordig wees, en in beheer wees van sy koninkryk.   "Die Here se Koninkryk" moet natuurlik verwys na "die teenwoordigheid van God" en dat "Hy in beheer is" - HY IS KONING van Sy koninkryk! Jesus het na hierdie koninkryk verwys as "die koninkryk van God", ook na "die koninkryk van die hemele".  Sekere geleerdes is van mening dat hierdie twee terme na verskillende dinge verwys, maar dit is duidelik dat Hy altwee terme gebruik het in dieselfde konteks ( http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/12/jesus-christus-se-koninkryk-die.html). "Koninkryk van God" is  m.a.w. dieselfde as "koninkryk van die hemele", maar wat ons moet verstaan is dat daar baie elemente is rondom hierdie koninkryk, bv. 

-  dat hierdie koninkryk deels na 'n HEMELSE  koninkryk verwys omdat,  wanneer Jesus die Christus terugkom, sal die leërs van die hemel Hom volg en saam met Hom veg -dan sal Hy die ander koninkryke verbrysel, 'n einde daaraan maak, en Sy koninkryk op aarde sal vir ewig wees- Joh. 18:36; Judas 1:14,15; Mark. 16:28.
-  dit is ook "hemels", omdat hierdie koninkryk deels na 'n GEESTELIKE koninkryk verwys - die persoon wat gelowig raak, is alreeds deel van die koninkryk van God, en hy woon in by die Here (in die hemel) wanneer hy doodgaan (2 Kor. 5:8), maar alhoewel die Here Jesus huidiglik in die hemel is, is Hy ook teenwoordig deur Sy Heilige Gees in die ware gelowige.  Die koninkryk van God het al gekom, omdat die gelowige die Gees van God ontvang (want in die Here se koninkryk, moet Hy TEENWOORDIG wees) - (m.a.w in die geval van waar die gelowige die Here koning maak van sy lewe en Hom in beheer plaas, ontvang hy die Heilige Gees). Hy is dan in beheer en Koning van die gelowige se lewe en teenwoordig deur Sy Heilige Gees. (Matt. 12:28; 1 Kor. 4:20; Rom. 14:17 ens.)
Andersins moet die koninkryk van God nog kom, in die sin van dat ons wag op die Here wanneer Hy Sy ewige "fisiese" koninkryk gaan oprig op die aarde - (Hy is dan in beheer en Koning oor die hele aarde) 
-  daarom verwys hierdie koninkryk ook na 'n "fisiese koninkryk"
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

GEDAGTE:

IEMAND KAN NIE EENDAG DEEL WEES VAN DIE "FISIESE" KONINKRYK, AS HY NIE ALREEDS DEEL IS VAN DIE "GEESTELIKE" KONINKRYK NIE. 

Wanneer die Here Jesus Christus  terugkom, gaan Hy al die ander koninkryke verbrysel en Sy ewige koninkryk oprig (Luk. 1:33)(Dan 2:44  - "Maar in die dae van dié konings sal die God van die hemel ‘n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie, en die heerskappy daarvan sal aan geen ander volk oorgelaat word nie; dit sal al daardie koninkryke verbrysel en daar ‘n einde aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan—")(dit sal begin met die 1000 jaar, maar 'n ewige koninkryk wees).  


(Openb. 11:15 - "En die sewende engel het geblaas, en daar was groot stemme in die hemel wat sê: Die koninkryke van die wêreld het die eiendom van onse Here geword en van sy Christus, en Hy sal as Koning heers tot in alle ewigheid").

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.