Dinsdag 23 Desember 2014

Die oordeel sal onbarmhartig wees teenoor die wat geen barmhartigheid bewys het nie

"Salig is die barmhartiges, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word" 
(Matt. 5:&).  Jesus Christus het verduidelik hoe Hy die skape van die bokke sal skei wanneer Hy terugkom.  In die betrokke gedeelte (Matt. 25) is:
- "skape" verwysend na die wat barmhartig was, en
- "bokke" verwysend na die wat nie barmhartig was nie!


  Iemand kan slegs staatmaak op die Here se barmhartigheid, as hy self ook barmhartigheid bewys - MAAR ONS MOET VERSTAAN WAT DIT BETEKEN "OM BARMHARTIG TE WEES".  
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
 Om 'n "skaap" te wees van die Here,  gaan veral oor GEHOORSAAMHEID (aan Hom) en dit is duidelik volgens Jesus se woorde in Joh. 10:3-5 dat dit die is wat Hom KEN.  Kyk ook Joh. 10:27:  "My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My".  Om barmhartig te wees, het te doen met "om die wil van die Vader te doen" - dit gaan oor diensbaarheid aan die Here, nie oor "om te probeer om goed te wees, of om te doen wat ander van my verwag nie, of volgens eie wil" nie.  Die skape is die wat die stem van die Here KEN, en doen wat Hy van hulle vra.  Nie alle "goed doen" sal eendag beloon word nie.  Jesus het verklaar dat die wat goed doen (of barmhartig is) vir eie gewin, of om geeer of gesien te word, nie beloning daarvoor sal ontvang nie; maar waar iemand goed doen uit GEHOORSAAMHEID (uit diensbaarheid aan die Here, omdat hulle Sy stem KEN), sal dit eendag beloon word! http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/03/wat-moet-die-christen-se-persepsie-wees.html
---------------------------------------------------------------------------------------------Alhoewel die leiers van 'n gemeente die rol kry van om "soos 'n herder" die skape en lammers te laat wei en voed, is hulle self ook ondergeskik aan die Herder, Jesus Christus. Hulle is self eintlik skape wat na Sy stem moet luister, wat moet gehoorsaam wees aan Sy opdragte, want Hy is die ware Herder. Daar kan tog nooit van enige "skaap" verwag word om gehoorsaam te wees aan 'n leier wat self nie gehoorsaam is aan die Here nie!  (Hand. 5:29). Hierdie is 'n groot probleem in sekere Christelike kerke, die feit dat gemeentelede dink dit word van hulle verwag om die leier te gehoorsaam ten spyte van die feit dat hy ongehoorsaam is of leerstellings verkondig wat nie heeltemal klop met wat Jesus Christus geleer het nie!  Jesus het vir ons die waarheid kom deel - ons moet na Sy stem luister.  (Waar 'n leier egter gehoorsaam is aan die Here en Sy waarheid liefhet, word ons beveel om daardie persoon wat oor ons gestel is, te gehoorsaam).  Ons moet nie ander mense se stemme verkies bo die stem van die Here nie.  Gemeentelede is nie die leiers se skape soos wat baie glo nie!, maar die Here se skape. Dit is a.g.v. hierdie miskonsepsie wat vele vir hulle leermeersters vergader wat hulle in die gehoor streel - "die een is vir Paulus, en die een vir Apollos......".  As 'n leier sy rol as "soos 'n herder" vervul, sal hy verstaan dat dit gaan oor om te DIEN, en sal hy seker maak dat die "skape" van die gemeente die nodige woord en lering (waarheid) kry op die regte tyd (hulle kos kry), en seker maak dat skape self die Here ken en nie afdwaal nie (hulle toelaat om te wei, maar gaan haal as hulle afdwaal;  nie sonde regverdig soos baie vandag doen sodat hulle nie gemeentelede verloor nie!). (Luk 22:26 -  "Maar so moet julle nie wees nie; maar die oudste onder julle moet word soos die jongste, en wie ‘n leier is, soos een wat dien"). Hoe kan 'n leier sy gemeentelede dien as hy nie die waarheid verkondig nie?  'n Leier vir wie dit gaan oor eie wil en wat sy eie sieninge verkondig, is besig om homself te eer, nie die Here nie!  Ons kan nie die waarheid verdraai en dink dat dit die manier is hoe ons DIEN nie - dan is dit nie barmhartigheid nie...  Om bv. vir iemand te vertel dat hy vergewe is deur die Here sonder dat daardie persoon die Here se voorwaardes nagekom het, is nie barmhartig nie... (dit is soos om nie om te gee of iemand verlore gaan nie), maar om van hom te verwag om gehoorsaam te wees aan die Here en Sy voorwaardes na te kom, dan is iemand barmhartig...

 Toe Jesus vir Petrus gevra het om sy lammers en skape te laat wei en sy skape op te pas (Joh. 21:15-17), was die rol wat Petrus gekry het soos een wat moet DIEN - daardie skape was die Here s'n, nie Petrus s'n nie: (Joh 21:15)  Toe hulle dan klaar was met die môre-ete, vra Jesus vir Simon Petrus: Simon, seun van Jona, het jy My waarlik lief, meer as hulle hier? Hy antwoord Hom: Ja, Here, U weet dat ek U liefhet. Hy sê vir hom: Laat my lammers wei.
(Joh 21:16)  Hy vra hom weer die tweede maal: Simon, seun van Jona, het jy My waarlik lief? Hy antwoord Hom: Ja, Here, U weet dat ek U liefhet. Hy sê vir hom: Pas my skape op.
(Joh 21:17)  Hy vra hom die derde maal: Simon, seun van Jona, het jy My lief? Petrus het bedroef geword, omdat Hy hom die derde maal vra: Het jy My lief? En hy antwoord Hom: Here, U weet alles, U weet dat ek U liefhet. Jesus sê vir hom: Laat my skape wei.  Petrus se rol van "soos 'n herder" was om die Here se skape te DIEN - hierdie barmhartigheid wat hy bewys het aan die skape, gaan oor wat die Here hom opdrag gegee het om te doen.  Baie van ons wil graag leiers wees, maar gaan dit oor om in beheer te wees en om gesien te word?;  of gaan dit oor om te DIEN?  As iemand 'n leier wil wees, moet hy ten eerste van die Here self hoor, en Hom gehoorsaam. Leierskap gaan oor "dien soos die Here opdrag gee". (Luk 12:47 - "En daardie dienskneg wat die wil van sy heer geken het en nie klaargemaak of volgens sy wil gedoen het nie, sal met baie slae geslaan word").  Dit gaan oor die wil van die Here - die Here is die ware Herder!  Vir 'n skaap om barmhartig te wees, moet hy self by die Here "hoor" - hy moet self die Here KEN en GEHOORSAAM wees aan Hom.  Die leiers van 'n gemeente moet nooit besluite neem volgens eie wil nie, maar altyd na die wil van die Here vra voor hulle enige iets doen - (Joh 15:5  "Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie").  Daar behoort groot gevaarligte te flits waar gemeentelede slegs bevele kry, maar daar word nie saamgebid en gevra na die wil van die Here;  of daar is geen vertroue dat ander ook van die Here kan "hoor" nie.  Die gemeente moet soos 'n liggaam werk, en dit is leiers se verantwoordelikheid om seker te maak dat elke deel van die liggaam die nodige kos kry, EN TOEGELAAT WORD OM TE WEI! (maar natuurlik moet hulle ook kan onderskei wanneer iemand nie regtig van die Here hoor nie, maar vals is).  
========================================================================

Gedagte:

Waar 'n leier begeer om gedien te word, kan hy self nie barmhartig wees nie (m.a.w. "kan hy nie die wil van die Here doen nie"), en sal sy barmhartigheid ook in partydigheid geskied en hy verkeerdelik 'n vb. stel dat offers belangriker is as barmhartigheid... 


(1Pe 2:25)  Want julle was soos dwalende skape, maar nou het julle teruggekeer na die Herder en Opsiener van julle siele.

 (Joh 10:3)  Vir hom maak die deurwagter oop, en die skape luister na sy stem; en hy roep sy eie skape by hulle naam en lei hulle uit.
(Joh 10:4)  En wanneer hy sy eie skape uitgebring het, loop hy voor hulle uit; en die skape volg hom, omdat hulle sy stem ken.
(Joh 10:5)  Hulle sal ‘n vreemde nooit volg nie, maar van hom wegvlug, omdat hulle die stem van die vreemdes nie ken nie.

_________________________________________________________________________________









Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.