Vrydag 19 Desember 2014

Gebore uit God

Volgens verskeie skrifgedeeltes, is dit duidelik dat die terme "HEILIGE GEES", "DIE GEES VAN GOD", en "DIE GEES",  almal verwys na  "DIE GEES VAN DIE HERE"  (Psa 51:11)  (51:13) (Jes. 63:10,11,14) (1 Kor. 12:3).

http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/12/die-gees-van-god-3.html
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die ontvang van die Heilige Gees het nie net te doen met die krag van die Gees en gawes en bedieninge wat die Gees deur die gelowige werk nie, maar het ook te doen met hoe iemand GEWEDERBAAR word deur die Gees, en deur Hom geleer en gelei word IN DIE WAARHEID! Iemand wat nie wedergebore is nie, kan nie in die koninkryk van God ingaan nie (Joh. 3:5), en dit is nie alleen deur die water nie, maar DEUR DIE GEES VAN GOD wat iemand gewederbaar word.  Die Gees van God verander iemand in 'n ander mens (1 Sam. 10:6) - in die skrif word dit verduidelik dat so iemand WEER GEBORE word - anders gestel:  so iemand is UIT GOD GEBORE ! (1 Joh. 3:9)(so iemand het GOD SE SAAD in hom/haar).  En net soos saad groei tot 'n boom om "vrug te dra", so word die persoon wat die Gees van God het (die saad van God in hom het), geroep om vrug dra (vir die ewige lewe), wat o.a. behels "goeie dade en werke uit diensbaarheid aan die Here" (dit is die wat barmhartig is en goed doen - dit verwys nie na werke en goeie dade "uit eie wil", of vir "eie gewin" nie, maar na die wat die WIL VAN DIE VADER doen).  As jy nie hierdie saad in jou het nie, sal jy nie vrug kan dra vir die ewige lewe nie.  Dit beteken dat so iemand, wat geen vrug dra nie, nie die ewige lewe sal beerwe nie! (m.a.w. hy sal dan nie opgewek word tot lewe nie). Jesus het dit ook duidelik gemaak dat die wat nie die (nodige) vrug dra nie, uitgekap sal word...  Baie begin in die Gees, maar begin dan weer hulle eie wil dien... - so iemand kan die vrug wat hy reeds dra, verloor, of sal geen vrug dra vir die ewige lewe nie.  En waar iemand nog die wet dien, en saligheid probeer verkry deur werke, is dit nie vrug uit diensbaarheid aan die Here nie, maar vrug uit eie gewin.  
Die persoon wat die saad van God in hom het, doen ook werke ja, maar werke "uit diensbaarheid aan die Here" - daarom verklaar Jakobus dat die mens ook geregverdig word uit die werke, nie alleen uit die geloof nie (Jak. 2:24) - die persoon wat die Gees van God het, dien die Here (dien nie die wet nie) - 
(die Gees was belowe aan Sy diensknegte en diensmaagde).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Dit is ook waarom die skrif verduidelik dat die wat nie die Gees van God het nie, nie uit God gebore is nie. Jy kan slegs vrug dra vir die Here as jy Sy saad in jou het. As iemand nie Sy saad in hom het nie, altans nie die Gees van God het nie, sal hy "in Adam sterwe" en kan nie opgewek word tot lewe nie. 
(1Kor. 15:22 - "Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word"). 


==================================================

GEDAGTE:


Die gelowige moet die Vader bid om Sy Gees te ontvang (Luk. 11:13)

Die belofte was dat wanneer die Messias kom, Hy al Sy diensknegte en diensmaagde sal vul met Sy Gees.  Nadat Hy dan deur die regterhand van God verhoog is en van die Vader die belofte van die Heilige Gees ontvang het, stort Hy Sy Gees uit op die wat in Hom glo, die wat Hom dien (Matt. 3:11; Mark. 1:8;  Luk. 3:16)(Hand. 2:33).  Hy hou die sleutels van die doderyk en sal besluit wie opgewek word tot lewe eendag (die ewige lewe verkry).

-As iemand nou nie glo in die Here Jesus nie, hoe kan hy hierdie Saad in hom kry? (want dit is die Here Jesus wat ons doop met Sy Gees!). 
-En hoe kan iemand wat nie Sy saad in hom het nie, opgewek word tot lewe eendag (sonder "vrug vir ewige lewe")?
(Openb. 1:17)  En toe ek Hom sien, val ek soos ‘n dooie aan sy voete; en Hy het sy regterhand op my gelĂȘ en vir my gesĂȘ: Moenie vrees nie; Ek is die eerste en die laaste
(Openb. 1:18)  en die lewende; en Ek was dood en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid. Amen. En Ek het die sleutels van die doderyk en van die dood.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.