Woensdag 24 Desember 2014

Wie op onwaardige wyse eet of drink, sal skuldig wees aan die Here se liggaam en bloed

Alhoewel meeste Christene weet dat hulle kan skuldig raak aan die Here se bloed en liggaam sou hulle op onwaardige wyse die Nagmaal gebruik, verstaan ons nie altyd regtig wat dit presies beteken nie. En ons verstaan ook nie altyd wat dit beteken om "op onwaardige wyse die Nagmaal te gebruik" nie. Die gevolg van om "op onwaardige wyse te eet of te drink",  het te doen met die tema van "BLOEDSKULD"!  Baie Christene wil niks te doen he met leringe oor "bloedskuld" nie, omdat min kerke regtig lering gee daaroor, maar die waarheid is dat die eerste gemeentes baie bekend was met hierdie onderwerp en goed geweet het wat dit beteken. DIE TEMA VAN BLOEDSKULD, IS NIE NET 'N Ou Testamentiese TEMA NIE!  Die gemeente van Korinthe het goed geweet wat Paulus bedoel wanneer hy se dat iemand kan skuldig raak aan die bloed van die Here:
-  (1 Kor. 11:27) - "Wie dan op onwaardige wyse hierdie brood eet of die beker van die Here drink, 

sal skuldig wees aan die liggaam en 

bloed van die Here" 
(- m.a.w., sal skuldig wees aan Sy bloed = BLOEDSKULD).  Maar hierdie is nie die enigste vb. van waar die tema van "bloedskuld" aangeraak word in die Nuwe Testament nie - kyk bv. ook skrifgedeeltes soos Luk. 11:50; Matt. 7:24 en Matt. 27:25.  Selfs terwyl die eerste dissipels die evangelie verkondig het, was die tema van bloedskuld nie onaangeraak nie! - in so 'n mate dat die ongelowige Jode die dissipels probeer verbied het om in die Here se Naam te leer: 
(Hand. 5:28 - "Het ons julle nie uitdruklik verbied om in dié Naam te leer nie? En kyk, julle het Jerusalem met julle leer vervul; en julle wil die bloed van hierdie Man op ons bring").
=================================================================================
 Die hele onderwerp van bloedskuld gaan daaroor dat iemand skuldig raak aan iemand anders se bloed;  en IS DIE GEVOLG VAN WANNEER IEMAND die eerste twee gebooie verbreek....  Ons verstaan dit veral in konteks met wanneer iemand ONSKULDIGE BLOED VERGIET maar dit is ook die gevolg van baie ander sondes soos wanneer 'n kind sy VADER OF MOEDER VLOEK ;  of soos in die geval van BLOEDSKANDE , of HOMOSEKSUALISME , HOERERY, OPROEP VAN GEESTE, WAARSêERY, en AFGODSDIENS...!    - in so 'n geval, was die bloed van die onskuldige op die skuldige, (ook genoem, "op die hoof van die skuldige", meer aan ons bekend as "bloed op hoof of hande") - en die onskuldige se bloed sou dan van hom geeis word.  Mense met bloedskuld, was die vervloektes in die O.T. - en daar was geen offer wat kon betaal vir hierdie sondes "wat die dood verdien het" nie.  Bloedskuld het ook die land ontheilig, en veroorsaak dat dit nie goedgaan met die land nie. Die rede waarom hierdie dinge bloedskuld veroorsaak, is omdat die Here soveel omgee vir elke mens, dat Hy elke mens se bloed eis.  Elkeen wat 'n ander te na kom, moet verantwoording doen daarvoor - hy sal geoordeel word daarvoor. Die Here sal elke mens "se bloed eis".  DAAR MOET BETAAL WORD VIR BLOEDSKULD;  daarom was die persoon wat onskuldige bloed vergiet het, in die O.T., doodgemaak!   Wanneer die persoon met bloedskuld met sy lewe betaal het, dan was die onskuldige se bloed van hom geeis (en dan kon die land ook weer geheilig word).  Waar hy nie doodgemaak is nie, was die onskuldige se bloed steeds deur die Here geeis - somtyds deur familie in dieselfde bloedlyn (as hulle ook bloedskuld gedra het!).  In gevalle waar iemand per ongeluk onskuldige bloed vergiet het, kon hy vlug na een van die vrystede en daar bly tot die dood van die hoepriester (en die onskuldige se bloed is dan met die dood van die hoepriester,  deur die hoepriester geeis). Dus is dit duidelik dat bloedskuld altyd betaal moet word, selfs in die geval waar dit per ongeluk is. In die Nuwe Testament het Jesus Christus in ons plek betaal vir AL ons sonde (ook vir bloedskuld) - die persoon wat 'n Christen word, word saam met Christus begrawe in Sy dood (deels teken van doop)(soos iemand wat doodgegaan het).  In Christus is daar vergifnis, selfs vir bloedskuld wat 'n onvergeeflike sonde was in die O.T.  (Daar is wel 'n onvergeeflike sonde in die N.T. - nl. "sonde teen die Heilige Gees"). 
===========================================================

GEDAGTE:


MAAR WAT SOU GEBEUR AS IEMAND DAN NOU GESTERF HET (deur die doop, saam met Christus begrawe)(sonde en bloedskuld betaal - bloed is geeis), en in 'n nuwe lewe opgestaan het, maar daarna weer bloedskuld op hom kry?  Dan raak hy SKULDIG AAN DIE BLOED VAN CHRISTUS, want dit is Hy wat vir ons, in ons plek, vir die sonde betaal het!, bv., waar 'n Christen  afgodsdiens beoefen, maar die Nagmaal gebruik asof hy die Here alleen dien, raak hy skuldig aan die bloed van Christus (m.a.w., dit is in die geval waar iemand weer die sonde begin dien...)(vgl. dit ook met die tema van "sonde tot die dood"). Net so wanneer 'n Christen hoereer, of egbreuk pleeg, of in die geval van homoseksualisme, of waar 'n Christen betrokke raak in heidense praktyke ens.   Wat ons moet verstaan is dat die persone met bloedskuld in die Ou Testament, ook die "vervloektes" was!  Iemand wie se sondes (en bloedskuld) weggewas is in die bloed van Christus, maar weer die sonde begin dien, staan die gevaar om vervloek te word (sou hy hom nie bekeer daarvan nie)(http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/02/wat-is-die-sonde-tot-die-dood.html).   -Dit is die wat "nie barmhartig" is nie, en hulle sonde het ander mense te na gekom - dit is die wat nie hulle naaste liefhet soos hulleself nie... (Mat 25:41 - "Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele"), ook die wat die eerste gebod breek.  Kyk gerus wie is die mense wat 'n vervloeking genoem word in die N.T.:  -valse leraars, valse profete, die afvalliges, die onregverdiges... (http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/05/is-daar-regtig-iets-soos-vloeke.html).(1Kor. 6:9,10 - "Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie? Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie").

Dit dan ook die rede waarom Paulus die woorde gebruik in 1Kor. 11:31 - "Want as ons onsself beoordeel het, sou ons nie geoordeel word nie". Ons moet dus versigtig wees om die Nagmaal te gebruik sonder om onsself te beoordeel (want anders sal ons geoordeel word!).  Op dieselfde wyse wat Christus gesterf het, sterf die gelowige die sonde af (en staan op in 'n nuwe lewe om vir die Here te lewe).  Sou die gelowige homself beoordeel voor hy die Nagmaal gebruik,, en sondes in sy lewe afle sodat hy vergifnis kan kry deur die bloed van Christus sal hy homself nie kan skuldig maak aan die liggaam en bloed van Christus nie.
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.