Dinsdag 20 Januarie 2015

Dien almal wat bely hulle is Christene, dieselfde Vader?

Daar word van kinders wat in dieselfde huis grootword, verwag om hulle ouers te gehoorsaam.  Kinders praat dieselfde taal as hulle ouers, en het dieselfde waardes.  Wanneer een kind se taal en waardes verskil van die ander, is hy ongehoorsaam aan sy ouers.  So is daar baie ongehoorsame Christene wie se taal en waardes verskil van WAT DIE WAARHEID is.  Het hulle dieselfde Vader?  Ja, as hulle "in bloed dieselfde moeder het" (m.a.w., deur wie is hulle gebore?) - m.a.w. iemand moet weer gebore word om "'n kind van God" te raak (dan is hy "gebore uit God").  As iemand bely dat hy 'n Christen is, maar nie wedergebore is nie, is hy nie 'n kind van God nie - dan het hy nie dieselfde Vader nie!
(1Jn 5:8)  "en daar is drie wat getuig op die aarde: die Gees en die water en die bloed, en die drie is eenstemmig".
(Openb 5:9)  "Toe sing hulle ‘n nuwe lied en sê: U is waardig om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want U is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie".

Nie almal wat bely dat hulle Christene is, het dieselfde Vader nie.  Iemand moet hom eers bekeer tot die Here en wedergebore word ("water" en "Gees") voor hy 'n "kind van God" is.  Baie "Christene" is wel wedergebore, maar ONGEHOORSAAM,  maar dit beteken nie dat hulle nie dieselfde Vader het nie (m.a.w., hulle het dieselfde Vader, maar luister nie na Hom nie).  Wat kinders moet onthou, is dat hulle nie altyd erf nie!  'n Kind wat ongehoorsaam is, word dalk uit die boedel uitgehaal (al is hy regtig 'n "kind"). Ongehoorsame Christene kan nie staatmaak daarop dat hulle die koninkryk van God gaan beerwe nie.  Die Here het dit ook duidelik gemaak dat die wat geen of nie die nodige vrug (tot ewige lewe) dra wanneer Hy terugkom nie, sal afgesny word, en sal nie ingaan in Sy koninkryk nie.  Daardie kind sal sy straf moet dra vir sy ongehoorsaamheid.

As 'n kind die keuse moet maak oor wie hy eerder gaan vertrou in 'n moeilike situasie (bv. sy pa of die oom wat uithelp), dan sal hy eerder sy pa vertrou!  Kinders vertrou nie so maklik ander mense se oordeel, soos die van hulle eie ouers nie. So is dit ook duidelik wie van die twee (die pa of die oom), die pa is!  'n Kind kan bely dat iemand spesifiek sy pa is, maar in wie hy sy vertroue plaas (aan wie hy gehoorsaam is), sal gou wys na wie hy eintlik luister. GEHOORSAAMHEID aan die Here (diensbaarheid aan God) is dus 'n bewys van of die Here iemand se Vader is. (Rom 6:16 - "Weet julle nie dat aan wie julle julself as diensknegte tot beskikking stel om hom gehoorsaam te wees, julle diensknegte is van hom aan wie julle gehoorsaam is nie òf van die sonde tot die dood, òf van die gehoorsaamheid tot geregtigheid?").
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Waar Christene egter wel die waarheid ken, en steeds die valse waarheid verkondig omdat hulle wil he ander moet liewer in hulle waarheid glo as wat die waarheid regtig is -  so iemand bewys dat hy nie dieselfde Vader dien as die ware Christen nie! (EN IS BESIG OM TE "LASTER"). Hulle is die "valse profete", "valse leraars", en soos die "valse apostels" van wie Paulus gepraat het in 2 Kor. 11:13. Hulle dien nie dieselfde Vader nie, en is Hom nie gehoorsaam nie, en LASTER deur die waarheid opsetlik te verdraai.   Baiemaal verkondig gelowiges ook valse of verdraaide leertstellings omdat hulle ONWETEND is oor die waarheid - dit is egter 'n ander storie as iemand wat WETEND is van wat die waarheid, maar dit opsetlik verdraai en graag wil he dat iemand liewer sy storie glo as wat die waarheid is!
========================================================================

GEDAGTE:


*   Die valse profeet/leraar (die een wat die waarheid ken, maar dit verdraai sodat ander liewer in sy "waarheid" glo as in wat regtig die waarheid is), dra slegte vrug, en is soos wolwe onder die skape - so iemand is besig om te LASTER, en dien nie dieselfde Vader as die ware Christen nie!  So iemand "gee slegs voor" (soos 'n akteur). Wanneer iemand opsetlik die Here se woord verdraai, is hy Sy vyand (nie "vriend" nie!). Daardie persoon luister na die duiwel, nie na die Here nie, en is nie 'n "kind van die koninkryk" nie, want hy dien (is gehoorsaam aan) 'n ander pa - dit is die "wolwe" in die kerk.  Nie almal wat bely dat hulle Christene is, dien dieselfde vader nie!

*  Jou pa is die een na wie jy luister! (die een aan wie jy gehoorsaam is)( dieselfde taal en dieselfde waardes). Wedergebore ongehoorsame kinders het dieselfde Vader as die wedergebore gehoorsame kinders, maar verloor hulle vrug, of dra geen vrug nie (ongehoorsame kinders verloor die guns van hulle pa). In hierdie geval laster die persoon nie, maar hy begin weer die sonde of eie wil dien. Ongehoorsame kinders kan afgesny word van hulle erfenis.

*  Kinders wat gehoorsaam is, dra veel vrug, of die nodige vrug.  Hulle is in guns by hulle ouers. Die wedergebore gehoorsame kind van God (die een wat diensbaar is aan God), is vir Hom welgevallig - hulle sal hulle erfenis ontvang, en ingaan in die koninkryk van God - (Hand. 10:35 - " maar dat in elke nasie die een wat Hom vrees en geregtigheid doen, Hom welgevallig is".


========================================================================
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2015/01/het-christene-moslems-en-jode-dieselfde.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/05/wat-word-bedoel-met-onwetende-sonde.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/03/weerstaan-die-duiwel.html  

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.