Maandag 12 Januarie 2015

Geloof is om Hom lief te he

In die brief aan die gemeente van Éfese (Openb. 2:1-7) neem die Here Jesus die gemeente kwalik omdat hulle HUL EERSTE LIEFDE VERLAAT HET.  Hulle het die werke, ja, die arbeid en lydsaamheid, en kan selfs slegte mense nie verdra nie;  hulle kon ook onderskei tussen die ware en valse apostels, en het ter wille van die Here se Naam gearbei sonder om moeg te word, tog KEN hulle nie die Here as EERSTE LIEFDE nie!  Hierdie nalating is so belangrik, dat as hulle hul nie bekeer nie, die Here waarsku dat Hy hulle kandelaar van sy plek sal verwyder...
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Weer-eens, soos die geval in elke brief aan die gemeentes in Openbaring, lees ons ook hier die woorde:  aan hom wat "oorwin" (met 'n belofte).  Die woorde "aan hom wat oorwin" sou vertaal kon word met die woord, "wenner" - maar wat presies is dit wat die gelowige moet oorwin of wen?  Vir feitlik elke belofte in die Skrif, is daar ook voorwaardes. Alhoewel die Christen DEUR DIE GELOOF die wereld OORWIN (1 Joh. 5:4), moet ons verstaan wat geloof is voor ons kan "claim" dat ons wenners is!  As ons wil bely dat ons oorwinning behaal deur die geloof, dan moet ons tog ook toon dat ons inderdaad GLO!  In die brief aan die gemeente van Efese, is dit duidelik dat die manier hoe hulle oorwin, is deur die Here as eerste Liefde te ken.  As hulle Hom nie eerste stel in hulle lewens nie, dan beskryf dit dat hulle nie regtig die geloof het nie - en dan is hulle nie wenners nie. 

(Mat 6:24 - "Niemand kan twee here dien nie; want òf hy sal die een haat en die ander liefhê...").  Daarom het die Here Jesus gese dat baie nie gereed sal wees wanneer Hy terugkom nie, want hulle sal hulle lewens meer liefhe as vir Hom, bv. in die geval waar aardse skatte belangriker is as hemelse skatte, waar iemand bv. "meer besig is met die lewe, as met die Here"! Vir baie gaan die lewe oor "wat hulle bymekaarmaak" (Jak. 5:1-3; Luk. 12:21; Matt. 6:19; Luk. 8:14).  Die persoon wat nie gereed sal wees wanneer die Here Jesus terugkom nie, is die een wat ryk is in wereldse dinge maar nie ryk is in Hom nie. As iemand egter bereid is om sy lewe op te gee ter wille van die Here, dan sal hy gesien word as 'n wenner! Maar wanneer hy meer "besig is met die lewe, as met die Here", dan is hy eintlik besig met afgodsdiens. Afgodsdiens behels nie net die aanbidding van afgodsbeelde nie, maar gaan oor dit waarin mense eerder hulle hoop plaas as in die Here;  soos in aardse wysheid, of in besittings, of in eie wil...

Afgodsdiens is 'n teken van selfsug en 'n bewys dat iemand hom nie ondergeskik stel aan sy Skepper nie, soos in die geval van eiesinnigheid wat "afgodery en beeldediens" genoem word in 1 Sam. 15:23.  Hierdie persoon doen soos hyself goeddink en raadpleeg nie die Here nie, of steur hom min aan wat die Here eintlik beveel - hy bedink aardse dinge (sy gedagtes is nie op die dinge daarbo nie), en hy het wereldse kennis meer lief as wysheid van bo (Gal. 4:4-11; Fil. 3:18,19; Matt. 15:8,9; Kol. 2:20-23).  Ook die persoon wat die sonde meer liefhet, word 'n afgodedienaar genoem in Ef. 5:5.  Dit is daardie een wat weier om hom te bekeer van sonde - hy kies die sonde bo die Here - en dit word verder duidelik gemaak dat so iemand nie moet dink dat hy 'n erfdeel het in die koninkryk van Christus en van God nie! (en moet ons ook onthou dat Ef. 5:5 spesifiek aan Christene gerig was...)(1 Joh. 2:15,16).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

GEDAGTE:


WANNEER IEMAND NIE DIE HERE VERTROU (glo) NIE, IS HY NIE VIR HOM LIEF NIE.  So iemand soek nie na die Here se wil nie, maar sy eie wil.  Sy optrede bewys ook dat hy nie lief is vir Hom nie - hy's bv. ONGEDULDIG MET DIE HERE, of SELFGESENTREERD, of VERBITTERD, of OPGEBLASE, DINK HY WEET BETER AS DIE HERE (soos Saul - eiesinnig), of HANDEL ONWELVOEGLIK (weier om die sonde neer te le), of SOEK NIE NA DIE WAARHEID EN DIE WIL VAN DIE HERE NIE,.. 
(1 Kor. 13)

(Joh 14:15)  "As julle My liefhet, bewaar my gebooie").
-------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/05/wat-het-jesus-bedoel-met-aan-hom-wat.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2011/05/is-jy-meer-besig-met-die-lewe-as-met.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/07/hoekom-voel-sommige-christene-dat-die.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/05/is-jy-regtig-vry-van-afgodsdiens.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2011/09/het-jy-hom-regtig-lief.html

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.