Donderdag 19 Maart 2015

In die laaste dae sal sommige gelowiges van die geloof afvallig raak

Ons leer in die Skrif dat "in die laaste dae" sommige gelowiges van die geloof afvallig sal raak en hulle onttrek van die geloof en die waarheid (1 Tim. 4:1).  En l.w. die dinge wat spes. genoem word in 1 Tim.4:
Wat word van die afvalliges gesê?, 
of, hoe word "afvalligheid" in hierdie gedeelte verduidelik?
-  hulle hang verleidende geeste aan;
-  hulle hang leringe van duiwels aan (wat "verbied om te trou", en "mense gebied om hulle te onthou van voedsel wat God geskape het");
-  en hulle gee meer aandag aan dinge soos liggaamlike oefening as om hulleself te oefen in die godsaligheid.

------------------------------------------------------------------------------------------------------------
In die brief deur Paulus aan Timoteus, waasku hy hom teen dwaalleringe in die kerk, veral teen sekere Joodse asook Gnostiese idees. Net soos vandag was daar reeds baie valse leerstellings wat die kerke ingesluip het in die tyd van die eerste kerke.  Die Gnostiese groep was veral 'n groep waarvoor hulle baie versigtig moes wees, omdat hulle leringe die waarheid vreeslik verdraai het.  In 'n 5 hfst. boek geskryf deur 'n vroee kerkvader, Ireaeus (180 n.C.), waarin hy valse leerstellings uitwys, het hy o.a. die Gnostiese groep uitgewys. Die Gnostiese groep het bestaan uit 'n groep van verskillende gelowe, en baie van hulle was sogenaamde Christene, maar hulle het bv. geleer dat die wereld nie deur God geskep is nie, maar 'n kosmiese chaos is en dat sekere mense glad nie eens hier hoort nie!  Dit was veral geleer deur die "Cainites" (volgelinge van Kain, wat vir Abel doodgemaak het, en hulle het geglo dat Kain eintlik reg was en dat die God wat vir Kain gestraf het, die bose god is) - die "Cainites" was deel van die Gnostiese groep. Voorbeelde van boeke wat uit hierdie groep kom, is o.a. "die evangelie van Judas" - 'n boek wat baie Christene vandag glo in die Bybel hoort!?? L.w. dat die "evangelie van Judas" NIE GESKRYF IS DEUR 'N OOGGETUIE (van Jesus se woorde en lewe) NIE! En dit gee ook nie 'n waaragtige weergawe van Jesus se woorde en lewe nie;  inteendeel, DAAR IS WESENLIKE VERSKILLE tussen die evangelie van Judas en die Bybelse evangelies wat deur die apostels geskryf is. Baie inligting wat in hierdie boeke opgeskryf is, word blindelings aanvaar deur sekere Christene asof dit die waarheid is wat Jesus en die apostels verkondig het - en dit is hierdie Gnostiese boeke wat deur baie aangehaal word wanneer hulle ander geloofspraktyke soos oosterse meditasie wil regverdig (dan in die vorm van "comtemplative prayer").

Daar is natuurlik ook nog baie ander valse leerstellings wat uit die Gnostiese geledere kom, o.a. dat saligheid kom deur "kennis" (vandaar ook die woord "gnosis", Griekse woord vir kennis). Hulle het ook geglo dat hulle kom van hulle hemelse huis, en die kennis nodig het om terug te keer na hulle hemelse huis - dit het gegaan oor "om hulleself te ontdek".  Hulle het geglo dat die ware God glad nie geken kan word nie, dat daar baie goddelike eniteite is - hulle het verder geglo dat die wereld deur die val van een van hierdie goddellike entiteite tot stand gekom het, en dat dele van die goddelikheid in menslike liggame vasgevang is.....DIT IS INTERESSANT OM TE SIEN DIE VERGELYKINGS TUSSEN HIERDIE AFVALLIGE LEERSTELLINGS EN DIE LEERSTELLINGS VAN HINDOEISME EN DIE NEW AGE. Die ergste is dat baie van hierdie leerstellings die Christelike kerke weer ingekruip het. Praktyke soos "comtemplative prayer" is absoluut geskep om hierdie valse leerstellings te ondersteun, alhoewel baie dit nie besef nie.  Deur in hierdie heidense geloofspraktyke betrokke te raak, raak hulle deel van die sisteem waar hulle sg. "die god in hulle ontdek" - deur meditasie (en die herhaling van woord/e vir 'n sekere tydperk) maak hulle hulself oop vir hierdie "kennis" (eintlik vir "spiritual guides" soos dit genoem word, wat na regte bose geeste is - en l.w., waaronder een van hulle die naam van "Jesus" het!).  Christene wat in hierdie dinge speel, is nie besig om hulle antwoorde by die Here te soek nie!  Die woord "Christen" beteken "volgeling van Christus Jesus" - Om 'n "volgeling te wees van Jesus Christus", beteken ten minste dat iemand Hom dien en Sy leringe navolg... Die vraag is, watter Jesus word nagevolg? As iemand die Here soek d.m.v. heidense geloofspraktyke, dan gaan hy die verkeerde Jesus vind! (2 Kor. 11:4).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

GEDAGTE:


(1Ti 6:6-8 - "Maar die godsaligheid saam met vergenoegdheid is ‘n groot wins. Want ons het niks in die wêreld ingebring nie; dit is duidelik dat ons ook niks daaruit kan wegdra nie. Maar as ons voedsel en klere het, moet ons daarmee vergenoeg wees").

 (1Ti 4:7,8- " Maar verwerp onheilige en oudwyfse fabels, en oefen jou in die godsaligheid. Want die liggaamlike oefening is tot weinig nut, maar die godsaligheid is nuttig vir alles, omdat dit die belofte van die teenwoordige en die toekomende lewe het").  

Die manier hoe mense vir verleidende geeste en leringe van duiwels val, is wanneer hulle meer ingestel is op die dinge en wysheid van die wereld, as op die Here.  'n " Ideale lewensstyl"  veroorsaak ONTEVREDENHEID en ONVERGENOEGDHEID. Dit veroorsaak ook dat mense hulleself heeltyd VERGELYK MET ANDER MENSE.  Ons moet ons antwoorde by die Here soek, nie by die wereld nie.   
-------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/02/noem-ander-jou-ook-n-christen.html

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.