Woensdag 18 Maart 2015

Want die aarde is ontheilig onder sy bewoners!

Die terme van "sonde of ongeregtigheid wat vol raak", was bekende terme onder die volk.  God het self ook die term gebruik in Gen. 15:16, en kyk ook waar Jesus dit gebruik in Matt. 23:32.  Dit wil voorkom asof God altyd wag tot die "sonde vol is" voor Hy 'n plek vernietig - kyk bv. vir Sodom en Gemorra, en in geval van die Sondvloed.  Hierdie  term "tot die sonde vol" is beskrywend van iets baie spesifiek. 
Wat sou bv. die gevolge wees as die Here nie vir Sodom en Gemorra vernietig het nie? 
Wat sou die gevolg wees as die Sondvloed nie plaasgevind het nie?  
==================================================

Sonde ontheilig die land -  soos onskuldige bloed wat vergiet word; ongehoorsaamheid aan ouers/vloek ouers; hoerery en egbreuk; homoseksualisme; afgodsdiens; waarseery en oproep van geeste; verdrukking van behoeftiges; roof; onregverdige wins ens. 
(http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/bloedskuld-4.html). Bloedskuld was 'n onvergeeflike sonde in die Ou Testament, en het ook tot gevolg dat dit sleg gaan met die land.  
(Hos 4:2)  Hulle sweer en lieg en moor en steel en pleeg owerspel; hulle breek in, sodat bloedbad aan bloedbad raak.
(Hos 4:3)  Daarom treur die land, en alles wat daarop woon, kwyn weg: die wilde diere van die veld en die voëls van die hemel, ja, ook die visse van die see kom om.
Ook in 2 Sam. 21 word vir ons verduidelik hoekom dit sleg gegaan het met die land, en is 'n vb. van "hongersnood a.g.v. bloedskuld in die land". Die land kon nie herstel word voor daar nie vir die bloedskuld betaal is nie.  Terwyl wetenskaplikes vervaard probeer agterkom waarom soveel wilde diere, visse en voels uitsterf by die hope, en hoekom daar so baie snaakse dinge huidiglik met die aarde gebeur, het die Here reeds vir ons die antwoord gegee:  "sonde ontheilig die aarde"!  Daar is 'n rede waarom mense met bloedskuld doodgemaak was in die Ou Testament, en dit was sodat daar vir bloedskuld betaal kon word! Die enigste manier hoe 'n land herstel kan word, is as daar vir bloedskuld betaal word.

Daar is 'n rede waarom Sodom en Gemorra vernietig is - as hulle nie uitgewis was nie, sou die gevolge op die land geweldig wees. Net so in geval van die dae van Noag...  Dit behoort nie vir ons snaaks te wees dat die aarde omgekeer gaan word voor en wanneer Christus terugkom nie!, want daar is soveel bloedskuld in die wereld (siende dit ook sal wees "soos in die dae van Noag"...). Hoe meer sonde, hoe meer gaan die wereld agteruit. Die Skrif maak ook hierdie feit duidelik, en ons sien 'n vreeslike "afval" in die laaste dae (http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2015/03/eers-moet-die-afval-kom.html).  
Net voor Christus terugkom, sien ons onder die 6 de seel vreeslike dinge wat met die aarde gaan gebeur, o.a. hoe die kragte van die hemele geskud sal word, die hemel wegwyk soos 'n boek wat toerol, berge en eilande wat uit hulle plekke versit word, see en branders wat dreun, sterre wat val op die aarde soos 'n vyeboom wat geskud word ens. - en l.w. dat hierdie dinge gebeur nog voor die dinge onder die 7 de seel, "die wraak van God"! Met al die sonde in die land, is dit onvermydelik dat die land tot niet gaan.
--------------------------------------------------------------------------------------------

Al manier hoe dit weer heel kan word, is as die bloedskuld betaal word.  Die enigste manier hoe daar vir bloedskuld betaal kan word, is met bloed.  Daarom moes die persoon met bloedskuld in die Ou Testament, met sy eie bloed betaal, en somtyds is met iemand anders se bloed betaal.  In die Nuwe Testament het Christus betaal met Sy bloed vir ons sonde;  altans, die wat in Hom glo! Daarom is bloedskuld nie meer 'n onvergeeflike sonde nie - Christus het mag om sondes te vergewe.  Christus Jesus is inderdaad die enigste antwoord op ons huidige probleme in die wereld, met alles wat gebeur met die aarde en diere wat wegsterf...  Wetenskaplikes sal nie 'n manier kry om hierdie agteruitgang te stop nie, want die oorsaak is SONDE!  As daar nie betaal word vir sonde nie, (M.A.W. MET BLOED BETAAL WORD NIE), dan kan die wereld nie heel word nie - en so 'n offer moet ook een wees wat vir God aanneemlik is! Christus se offer was vir die Vader aanneemlik, en elkeen wat in Hom glo, se sondes is vergewe (daar is vir hulle sondes en ook enige bloedskuld betaal); maar die wat nie in Hom glo nie, se sondes word nie vergewe nie (en dit het 'n invloed op die land - dit ontheilig die land).  Die toestand van die land kan nie gered word deur wetenskaplikes nie, maar slegs deur Christus Jesus. Christus Jesus is die antwoord! Hoe meer mense tot geloof kom, hoe minder bloedskuld is daar in die land. Wanneer Christus terugkom, sal Hy die goddeloses (die wat die land ontheilig en nie in Hom glo nie en wie se sondes dus nie vergewe kan word nie) uitwis - (kyk o.a. die val van Babilon, die slag van Armageddon, die skeiding van die skape en die bokke, ens.).  Die land kan nie herstel word alvorens daar nie vir bloedskuld betaal word nie!  Christus Jesus sal die land herstel en sal Koning wees vanuit Jerusalem oor die hele aarde.
_________________________________________________________________________________

GEDAGTE:

Alhoewel Jesus vir ons sondes betaal het (en so ook vir bloedskuld, m.a.w. sonde wat die dood verdien), het dit nie outomties almal gereinig van sonde nie, maar natuurlik slegs die wat tot bekering kom, se sondes word vergewe (http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/03/uit-genade-gered-opsomming.html). Selgs die wat IN HOM GLO, die wat Sy offer aanvaar (omdat Hy in hulle plek met Sy bloed vir hulle betaal het), sal nie onder die oordeel val nie.  Hoe minder mense in Hom glo, hoe meer bloedskuld is daar in die land, en hoe meer gaan die land tot niet. 

(Jes. 24:1)  Kyk, die HERE maak die aarde leeg en verwoes dit, en Hy keer sy oppervlakte om en verstrooi sy bewoners.
(Jes. 24:2)  Dieselfde lot tref die volk en die priester, die slaaf en sy heer, die slavin en haar meesteres, die koper en die verkoper, die uitlener en die lener, die skuldeiser en die skuldenaar.
(Jes. 24:3)  Die aarde word heeltemal leeg gemaak en heeltemal geplunder, want die HERE het hierdie woord gespreek.
(Jes. 24:4)  Die aarde treur, dit verwelk; die wêreld versmag, dit verwelk; en die hoogstes van die mense van die aarde versmag.
(Jes. 24:5)  Want die aarde is ontheilig onder sy bewoners; want hulle het die wette oortree, die insetting geskend, die ewige verbond verbreek.
(Jes. 24:6)  Daarom verteer die vloek die aarde en moet sy bewoners boet; daarom word die bewoners van die aarde deur ‘n gloed verteer en bly daar min mense oor.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.