Donderdag 04 Junie 2015

Dronk van haar wyn

'n Dronk mens dink nie reg nie en weet nie eens wat hy alles kwytraak en doen nie;
dit gaan ook met losbandigheid gepaard... (Ef. 5:18).

Die tema van "dronk word", word ook egter in beeldspraak in die Skrif verduidelik - kyk bv. Openb. 17:2 ("met wie die konings van die aarde gehoereer het, en die bewoners van die aarde het dronk geword van die wyn van haar hoerery").  In konteks met die res van die Skrif en wat dit beteken om "geestelik dronk" te wees (m.a.w. "om nie nugter te wees nie"), gaan dit oor LOSBANDIGHEID (sonde; die wat in ongeregtigheid stap) en die wat die WAARHEID VERDRAAI (die wat ag gee op valse leerstellings).(http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2015/06/wees-nugter.html)  Dit is ook die geval van die vrou in Openb. 17 - kyk hoe ander met haar "hoereer" en hoe hulle dronk word van haar afvalligheid;  sulke mense soek nie na die wil van die Here nie, maar hulle eie wil.  Hulle gee nie ag op "wat die waarheid is" nie, maar kies wat hulle sien as waarheid.  Die vrou in Openb. 17 laster m.a.w. en beweeg ander om eerder haar waarheid aan te neem - (kyk bv. v. 3, hoe sy vol godslasterlike name is, en ons weet dat LASTER daaroor gaan dat iemand opsetlik die waarheid verdraai. Dit is ook o.a. 'n kenmerk van valse profete!).
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Iemand wat dronk is,  is oorgegee aan sy eie begeertes en gedagtes - hy doen wat hy wil en glo hy is reg, maak nie saak wat die waarheid is nie. Sy sinne is bedorwe!  'n Dronk mens moet ook heeltyd gestuur word en sukkel om regop te bly (dit is as hy jou toelaat om hom te stuur). Op dieselfde wyse is die gelowige wat homself nie "nugter" hou nie, soos 'n dronk mens! Sy sinne is bedorwe (meer presies verduidelik die Skrif dat wanneer 'n gelowige se gedagtes bedorwe is, hy gevang is om die wil van die duiwel te doen... - 2 Kor. 10,11)(Heb 13:9 - "Moenie rondgeslinger word deur allerhande en vreemde leringe nie.......").
Gelowiges wat in ongeregtigheid stap, staatmaak op verdraaide waarhede (vreemde leringe) en nie na die wil van die Here soek nie, is soos dronk mense - hulle is nie sober nie! Sou so 'n gelowige hom nie bekeer van sy sonde en hom nie bekeer van die geloof wat hy het in dit wat nie waarheid/evangelie is nie, word hy later oorgegee aan sy eie begeertes! - HY GLO LATER HY IS REG, AL IS HY VERKEERD!: (Rom 1:21,24).  Ons weet goed hoe dit is as jy met 'n dronk mens probeer praat, en dat dit gewoonlik in 'n stryery opeindig!  Dit is baie dieselfde as jy met 'n ongehoorsame Christen praat wat nie sy gedagtes gevange neem tot gehoorsaamheid aan Christus nie.  Verder moet so 'n ongehoorsame Christen ook heeltyd gestuur word in die regte rigting want op sy eie sukkel hy om regop te bly - hy is onseker oor die pad en val maklik.  Hy laat hom ook nie deur enige iemand stuur nie, maar gewoonlik eerder deur die wat hom in die gehoor streel...

Dienaars van die Here word beveel om sulke weerspanniges in sagmoedigheid te vermaan sodat hulle tot kennis van die waarheid kan kom (2 Tim. 2:25)..., maar as hulle nie luister nie, is dit moeilik om so iemand terug te bring op die pad.  Paulus skryf ook hieroor in 1 Tim. 1:19,20, van Himenéüs en Alexander wat geLASTER het (die waarheid opsetlik verdraai het), en die geloof en ‘n goeie gewete weggestoot het en aan die geloof skipbreuk gely het...
========================================================================

GEDAGTE:


Die "dronk" Christen (soos in geval van beeldspraak, nie dronk van wyn nie), word beskryf as daardie gelowige "WAT GEVANG IS OM DIE WIL VAN DIE DUIWEL TE DOEN" (2 Tim. 2:25,26) - dit is die wat in sonde stap ("raak losbandig van die geloof"), en hulle keer hulle ore af van die waarheid en wend hulle tot fabels en leerstellings wat hulle in die gehoor streel, leerstellings volgens hulle eie begeerlikhede... (2 Tim. 4:1-5).Dit gaan nie vir hulle oor "wat die waarheid is" nie, maar "wat hulle glo die waarheid is".  Daar word van elkeen van ons as Christene verwag om onsself te dissiplineer - in die engels word dit as volg gestel: "to have a sound mind" (2 Tim. 1:7). 'n Ander woord wat ons hier in die Afrikaans gebruik vir 'n "sound mind", is om "ingetoë" te wees (Tit. 2:6).  (1Pe 4:7 - "En die einde van alle dinge is naby; wees dan ingetoë en nugter, om te kan bid").  Elke Christen is in 'n wedloop, en dit is dan ook in hierdie konteks waarin Paulus vir Timoteus bemoedig om nugter te bly (2 Tim. 4:5-7).  As die Christen dan hoegenaamd uitsinnig is, moet dit wees tot eer van God!  (2 Kor. 5:13) - in daardie geval gaan dit dan steeds oor gehoorsaamheid aan die Here. Om nugter te wees, gaan nie oor ons wil nie en oor die manier hoe "ons dinge sien nie", maar gaan oor hoe "die Here dinge sien" - dit gaan oor om ag te gee op "wat die waarheid is" (nie wat ons graag wil he die waarheid moet wees nie);  en om gehoorsaam te wees aan die Here.  Meer presies gaan dit daaroor dat ons nie moet "hoereer" met sonde en met mense wat laster (soos die wat valse leerstellings verkondig) nie.  Die gelowige wat weier om hom te bekeer van spesifieke sondes en nie ag gee op die waarheid nie, kan maklik gevang word om die wil van die duiwel te doen en so "dronk" word deur sy beker -------------------------------------------------------------------------------------------------------(1Pe 5:8)  Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind. ==========================
________________________________________________________________________
http://warechristenedagstukkies.blogspot.com/2015/06/wees-nugter.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/03/weerstaan-die-duiwel.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/05/wat-is-die-onvergeeflike-sonde.html (vir die betekenis van "laster")

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.