Woensdag 01 Julie 2015

Die geklank van die BASUIN !

Die blaas van die BASUIN het besonderse betekenis en was iets wat deur God self ingestel was vir die volk (Num. 2:10).  Die doel was veral om die volk byeen te roep en om die laers (in die woestyn) te laat opbreek;  en ook gebruik in feesfieringe, om die begin van elke fees en die begin van maande aan te kondig, en was ook geblaas op Versoendag (bedoel om die volk in gedagtenis te bring voor die Here).  Daar was onderskeid getref tussen 'n "blaas" en 'n "alarm blaas".  Die alarm basuin was gebruik om as waarskuwing te dien, soos wanneer die land ingeval word, en ook geblaas om te vra dat die Here hulle help in oorlog. Dit is ook interessant om te sien dat, waar God aan die volk verskyn het op die berg (in die woestyn)(Eks. 19:16,19; 20:18), dit ook gepaard gegaan het met 'n basuin (maar l.w., daar nie beskryf as 'n basuin wat deur mense geblaas is nie). Om skrifte hieroor te sien, gaan na: http://warechristene.blogspot.co.nz/2015/02/basuine.html

DIT WIL VOORKOM ASOF DIE HERE BAIE WAARDE HEG AAN DIE GEBRUIK VAN BASUINE, EN DAT HY DIT OOK GEBRUIK OM GEBEURTENISSE AAN TE KONDIG. Paulus beskryf dat die opstanding (en "wegraping") sal gebeur met "die laaste basuin" (1 Kor. 15), en dit verwys moontlik na die 7de basuin onder die 7de seel in die boek van Openbaring (wat die laaste van die 7 basuine is).  Ook in Sag. 9:14 word die wederkoms van die Here beskryf saam met 'n basuin (wat beskryf word asof dit deur Hom self geblaas word) - sien ook 1 Thess. 4:16,17.
========================================================================
Ook die 7 BASUINE in Openb. 8 is basuine wat GEBEURE of WAARSKUWINGS aankondig (en word beskryf as basuine wat deur engele geblaas word).  Die tydperk van die 7 Basuine onder die 7de Seel, beskryf 'n tydperk van God se wraak op die mensdom. Terwyl dit 'n verskriklike tyd gaan wees vir die ongelowiges en die ongehoorsames, die met die merk van die dier, sal die gelowiges en gehoorsames opgewonde uitsien op hulle verlossing en selfs beskerming geniet gedurende daardie tyd!  Dit dan ook waarom die 144 000 uit die stamme van Israel VERSEEL word voor hierdie 7 de seel tydperk (Openb. 7 en 14)(Openb. 7:3), en hulle uitgeken kan word as die wat onder die beskerming val.  Maar die "met die merk van die dier" sal nie onder die beskerming val nie.  Elke gelowige wat die Gees van God het, is gemerk (met die merk van God).  Die tema van verseeling is 'n interessante onderwerp in die Skrif, en in die geval van die gelowige wat verseel is, het dit dieselfde betekenis as die van 'n seelring - 'n MERK of sekuriteit - VERSEEL tot die dag van verlossing (Ef. 4:30; 2 Kor. 1:21,22). Net soos wat die 144 000 verseel sal word en gekoop word as EERSTELINGE vir God en die Lam, net so word Christene (wat wederbaar is en die Gees van God het - m.a.w. verseel is), gesien as EERSTELINGE (as 'n priesterdom) vir die Here (http://warechristene.blogspot.co.nz/2015/04/eersgeborenes-en-eerstelingepriesters.html). Daarom moet Christene versigtig wees dat hulle nie die Heilige Gees bedroef nie!

Maar die feit dat die gelowige verseel is deur die Gees van God, en nie onder God se wraak gaan val nie, beteken nie dat hy nie deur verdrukking sal gaan nie!  Baie mense verwar die "verdrukking onder die 4 de seel en Groot verdrukking onder die 5 de seel", met hierdie "wraak onder die 7 seel tydperk". Ons moet verstaan dat, alhoewel die Groot verdrukking ook gesien kan word as 'n "oordeel", "verdrukking" nie gesien moet word as iets waardeur slegs die gaan wat nie gereed is (soos baie leer) nie!  Elke Christen moet bereid wees om verdrukking te verduur en te ly ter wille van die Here. (http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/11/volledige-uiteensetting-eindtyd-gebeure_6276.html)(http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/03/as-jesus-kom-sal-hy-wel-die-geloof-op.html). Alhoewel die Groot Verdrukking meer verwysend is na die in Judea, is "verdrukking" nie beperk tot die 5 de seel tydperk nie, maar ook veral kenmerkend onder die 4 seel tydperk, en vanaf Christus op aarde was!  Hy het vir ons die waarheid gebring, en die waarheid is soos 'n swaard (http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/08/wat-is-die-waarheid-3.html).  Baie Christene dink vandag dat die Here van ons verwag om waarheid op te gee ter wille van eenheid en sg. vrede, maar wat die Here eerder van ons verwag, is om die waarheid te bring en die verdrukking wat daaruit voortspruit, te verduur. Alhoewel ons beveel word om in vrede te leef met alle mense waar moontlik (Rom. 12:18), is dit ook waar dat die waarheid (en die evangelie), alhoewel dit vrede beteken vir die persoon wat dit aanneem,  NIE vrede bring tussen alle mense nie, maar eerder soos 'n swaard is in die geval waar iemand dit nie aanneem nie (Matt. 10:16; Gal. 1:10,11).  Die liefde van God staan nie los VAN DIE WAARHEID nie, maar word eerder bewys deur die waarheid...
========================================================================


GEDAGTE:

Wanneer ons Here Jesus Christus terugkom, en Hy ons gaan opwek tot lewe, is die dood finaal verslind - finaal oorwin!  (1 Kor. 15:51-55).  Hierdie wonderlike gebeurtenis waarop die Christen wag, sal ook gepaardgaan met die geklank van die basuin van God.  Die Christen het hierdie hoop op die opstanding tot lewe, maar terwyl die tyd nog nie daar is nie, moet ons vashou en ag gee daarop om die wedloop met volharding te hardloop.  Baie het opgegee omdat hulle oe so gevestig is op die beloning, dat hulle vergeet om te hardloop. 



(1Thess. 4:16 - "Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan").

_________________________________________________________________________________

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.