Dinsdag 08 September 2015

Die verskil tussen Christelike meditasie en heidense meditasie

Die vraag wat ons eerste moet vra is of daar enigsins iets is soos Christelike meditasie?
En die antwoord is beslis ja, maar dit is nie die soort meditasie waaraan meeste mense dink nie;  ook nie die soort meditasie wat deesdae in baie kerke beoefen word onder die naam van Christelike meditasie nie. Alhoewel die engelse vertalings van die Bybel die woord "meditate" gebruik, gebruik die ou Afrikaanse vertalings glad nie woorde soos "mediteer" of "meditasie" nie, maar die woord/e word meer gebruik in hulle betekenis, m.a.w. as "bepeins", "oordink", "om te sug" of selfs "murmureer" (http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/03/meditasie.html).  
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Onder die heiden nasies het die woord mediteer 'n definitiewe ander betekenis en wanneer iemand daaroor praat, skets dit 'n beeld in jou kop van waar hy in 'n sekere posisie sit (soos in oosterse meditasie) of staan en le vir 'n redelike tyd in sekere posisies (soos joga) en dit gaan gewoonlik gepaard met aandag op die asemhaling, mantras en een of ander soort herhaling. Heelwat Christelike kerke volg hierdie spesifieke meditasie praktyke vandag na en gee dit bloot Christelike name, maar dit maak dit natuurlik nie Christelik nie! Nerens in die Skrif word hierdie vorme van meditasie verduidelik of motiveer nie.  Daar is egter baie Christene wat vandag glo dat hierdie praktyke gevolg was deur die vroee Christene en probeer hulle standpunt staaf deur sekere apokriewe boeke soos die evangelie van Judas, en dit maak nie vir hulle saak of die betrokke apokriewe boeke regtig geloofwaardig is nie (http://sondagskooltuis.blogspot.co.nz/2015/04/die-geloofwaardigheid-van-die-bybel_43.html). Hulle glo dit blindelings, maar opgrawings het eerder bewys dat vroee Christene gewaarsku was teen hierdie groepe en valse leerstellings! Hierdie betrokke apokriewe boeke was ook veral deel van die Gnostiese groep wat bestaan het uit verskillende gelowe, en baie van hulle was sogenaamde Christene.  Hulle het die waarheid vreeslik verdraai. As ons gaan kyk na wat hulle presies geglo het, is dit ook INTERESSANT OM TE SIEN DIE VERGELYKINGS TUSSEN HULLE AFVALLIGE LEERSTELLINGS EN DIE LEERSTELLINGS VAN HINDOEISME EN DIE NEW AGE. Christene wat mediteer op heidense manier weet nie noodwendig watter leerstellings saam met hierdie soort van meditasie gaan nie, maar as hulle hulle huiswerk doen alvorens hulle betrokke raak by sulke praktyke dan sal hulle merk dat daar heelwat direkte vgl.s is tussen die leerstellings van heidense gelowe (asook die Gnostiese groep), en dit wat deur heidense meditasie probeer verkry word; inteendeel, as ons weet wat hulle leer, dan sal ons verstaan dat dit niks anders is as 'n vorm van "gebed" nie!
_________________________________________________________________________________
In teenstelling met (opregte) Christelike meditasie, plaas heidense meditasie die aandag op die bose en op die self, maar in Christelike meditasie is die aandag op die Here, en Christelike meditasie het niks te doen met WERKE nie!   Christelike kerke wat vorme van heidense meditasie toelaat, is besig om hulle lidmate onder 'n wet te plaas.  Geloof gaan oor gehoorsaamheid aan die Here, nie gehoorsaamheid aan wette nie! En dit is presies waarom mense heidense meditasie navolg - dit gaan oor 'n sekere roetine waaruit sekere sg. voordele verkry word.  Dit is nie geloof in die Here nie.  Geloof sonder werke is dood, ja, maar die werke van die geloof gaan oor GEHOORSAAMHEID AAN DIE HERE, nie werke met die doel om iets te ontvang nie. Heidense vorme van meditasie verwag geen gehoorsaamheid nie, slegs "werke"!, so wat is die doel daarvan? Dit kan ook geen antwoorde gee nie, want dit is nie onderwerp aan die waarheid nie...
_________________________________________________________________________________

GEDAGTE:


Om "te mediteer" is nie verkeerd nie, maar dit hang af HOE jy mediteer. Volgens die Skrif beteken "om te mediteer", om in diepe gebed voor die Here te wees of om die Here se wette en dade, Sy woorde en voorskrifte en bevele te OORDINK en te BEPEINS (http://warechristene.blogspot.co.nz/2012/03/meditasie.html). Terwyl in meditasie wat in ander geloofspraktyke beoefen word hulle die gedagtes bloot laat verbygaan, word die Christen eerder beveel "OM GEDAGTES GEVANGE TE NEEM TOT GEHOORSAAMHEID AAN CHRISTUS"! (2 Kor. 10:3-5).  Ons word ook verder beveel om dit wat nie saamstem met die waarheid nie, te verbreek (om bv. nie ag te gee op valse leerstellings nie) en om planne of gedagtes soos bekommernis te verbreek. Daarom is meditasie op 'n skriftuurlike manier ook heeltemal anders, want in die eerste plek RAADPLEEG JY DIE HERE, jy bepeins Hom en Sy dinge en is in diepe gebed tot Hom, en soek na Sy wil (en dit geskied nie deur 'n ydele herhaling van woorde of deur om 'n sekere roetine na te volg nie...!).  En die "werke" wat jy doen, is bloot a.g.v. gehoorsaamheid aan die Here (geloof) -  dit gaan m.a.w. daaroor dat jy jou hoop in die Here plaas, maar iemand wat heidense meditasie navolg plaas sy hoop in roetines ("werke") en ander geloofspraktyke.

As ek dan nou wou mediteer op 'n Christelike manier en besluit om Jesus se woorde te BEPEINS toe Hy gese het dat ons nie moet bid soos die heidene met 'n herhaling van woorde nie... , dan sal ek my gedagtes gevange neem tot gehoorsaamheid aan Hom  - ek het m.a.w. nie bloot my gedagtes laat verbygaan (soos in heidense meditasie) nie, maar kies om die Waarheid te soek en om Hom gehoorsaam te wees en nie betrokke te raak by sulke heidense praktyke nie.

Die vraag is dus:  "IS DIE HERE JOU ANTWOORD (m.a.w. om Hom gehoorsaam te wees),
                     OF IS DIE NAKOM VAN SEKERE ROETINES (werke) JOU ANTWOORD?".
_________________________________________________________________________________
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/03/die-wet-en-die-profete-evangelie-vd.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/11/mag-die-christen-mediteer-oosterse.html

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.