Wys tans plasings met die etiket eersgeborenes. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket eersgeborenes. Wys alle plasings

Woensdag 05 April 2017

Wie sal uiteindelik ingaan in die Koninkryk van God?

(Dan 7:27 - "Dan word die koningskap en die heerskappy en die grootheid van die koninkryke onder die ganse hemel gegee aan die volk van die heiliges van die Allerhoogste; hulle koninkryk is ‘n ewige koninkryk, en al die heerskappye sal hulle vereer en gehoorsaam wees".
_________________________________________________________________________________
Alhoewel baie die besnydenis (van die vlees) gesien het as die bepalende faktor van "wie gaan erf", was dit slegs 'n TEKEN hiervan, en moet eerder gesien word as 'n teken van die geslag waaruit die kinders vd koninkryk gekies sal word;  want alhoewel die kinders van Abraham hulleself sien as "die kinders van die koninkryk" (kinders wat gaan erf) omdat hulle die belofte het, kom hierdie belofte met voorwaardes!  Nie almal wat hulleself kinders vd koninkryk noem (en die wat gebore is uit die geslag van Abraham) sal op die ou end erf nie! (Matt. 8:12; 22:14), want die besnydenis vd vlees was slegs van krag as iemand GEHOORSAAM was, en ongehoorsame gelowiges was steeds gesien soos onbesnedes in die Here se oë (al was hulle ook vleeslike besny!)(Deut. 10:16; Jer. 9:26; Jer. 4:4...). M.a.w., die vleeslike besnydenis kon nie alleen bepaal wie op die ou end aangeneem word nie, want GELOOF was nog altyd die voorwaarde (Rom. 4:9,13), en gehoorsaamheid is 'n bewys van wie dit is wat glo...(Gen. 12:1-7; Gen. 17). Hier sien ons die belangrikheid vd tema vd "besnydenis van die hart".  Die besnydenis was dus 'n teken tussen al die volke van wie dit is wat op die ou end aangeneem word en in die koninkryk ingaan, MAAR met voorwaardes;  of meer presies, die besnydenis was 'n teken van die geslag(slyn van Abraham) waaruit daar 'n geslag gekies sal word vir die koninkryk van God...   Die besnydenis vd vlees het verder nie net verwys na hoe die Here vir hulle 'n God sal wees nie, maar ook gewys wie dit is wat kies om vir Hom 'n volk te wees;  dus, as 'n seun vd volk geweier het om hom te laat besny, moes hy afgesny word vd volk, want na regte het hy deur sy weiering bewys dat hy nie 'n priester wil wees vir die Here nie (http://warechristene.blogspot.co.nz/2015/04/eersgeborenes-en-eerstelingepriesters.html)). Tussen al die volke, het God hierdie volk uitverkies ter wille van Abraham se GELOOF - die volk Israel was dus gesien soos 'n eersgebore seun van God... (Eks. 4:22), die EERSTELINGE van Sy opbrings (Jer. 2:3), en soos ons weet is dit die eersgeborenes wat erf!
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Die belofte van die Messias en Sy ewige troon sou ook kom deur die geslag van Abraham, maar nie deur enige geslagslyn nie !  Die "ewige troon" is spesifiek bevestig deur die geslag van Abraham, Isak (nie Ismael nie - Gen. 15:4), Jakob (nie Esau nie - Gen. 17:19), en Dawid (gebore uit die geslag van Peres - NIE Serag nie - en uit die geslag van Juda... Gen. 38; Matt. 1:3).  Die Messias sou NIE gebore word uit die geslag van Ismael of Esau of Serag nie, maar uit die geslag van Dawid -  en Jesus Christus is inderdaad gebore uit die geslag (van Dawid)(Matt. 1).  Dit is slegs die wat deel is van hierdie geslagslyn en die gehoorsaamheid / geloof het (m.a.w. "besnede na hart"), wat sal erf!  ...-die wat gebore is uit die geslag van Abraham, meer spesifiek, Abraham, Isak, Jakob, Dawid - Jesus Christus (dus gebore uit die geslag van Jesus Christus - geestelik gebore)(die wat die gehoorsaamheid en geloof het) hulle sal ingaan in die koninkryk.  As Hy, wat nie net mens is nie maar ook die Seun van God (deur die saad v/d Heilige Gees-Matt. 1:18) self kinders het, dan sou dit beteken dat Sy kinders deel is van daardie geslagslyn wat gaan erf, maar natuurlik ontvang hulle hierdie kindskap nie deur die vlees nie, maar deur die geloof (deur Sy Gees)! Hulle is dus "kinders vd geloof" - KINDERS van Jesus Christus (en die Christelike Doop is 'n TEKEN hiervan). Christene is dus geestelik deel van hierdie "geslagslyn" omdat hulle "gebore word uit God" (wedergeboorte - saad van God - water en Gees) - hulle word kinders deur hulle geloof in Jesus Christus - en is dus KINDERS VAN ABRAHAM!  (Gal 3:29 - "En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename").  En omdat hulle ook nou kinders is van Abraham (deur Jesus Christus se saad-Gal. 3:16), beteken dit dat hulle op dieselfde wyse geroep word as die res van die Hebreeuse volk, waaruit 'n geslag gekies sal word vir die koninkryk van God... - aan hulle kom die beloftes toe, maar met voorwaardes! (die voorwaardes van geloof en gehoorsaamheid).

Christus Jesus doop Sy kinders met Sy Gees, doop hulle in Sy liggaam in, sodat hulle gebore is uit Hom (gebore uit Sy saad)(dus nie net gebore uit water nie, maar ook gebore uit die Gees, en die wat gebore is uit die Gees, is gees...)(http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/02/weer-gebore-wedergeboorte-wedergebore.html).(Rom 8:29 - "Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders").

Maar moet ons onthou dat dit altyd iemand se werke is wat bewys of hy regtig 'n kind van Abraham  is of nie! (Joh 8:39), want geloof sonder werke is dood... Jak. 2:26.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------

GEDAGTE:



Nie net sou die Here vir Hom 'n volk versamel uit die kinders van Abraham nie, maar die belofte was ook dat die heidene die kans sou kry om deel te wees van hierdie volk (Hand. 15:14)(Hand. 3:25).  Die Christelike kerk bestaan nie net uit Christelike Jode nie, maar ook uit "Christene uit die heidene".  (Gal 3:16 - "Nou is aan Abraham die beloftes toegesê en aan sy saad. Hy sê nie: En aan die sade, asof dit op baie sien nie, maar op een: En aan jou saad, dit is Christus"). Dit beteken dus dat DIE BELOFTES nie toegesê was aan die kinders van die vlees nie, maar meer spesifiek aan die kinders gebore uit die Gees, die wat in Christus Jesus GLO (dus uit Sy Saad) -dus, die wat deur Hom gevul word met Sy Gees. Hierdie belofte van die Gees wat uitgestort sou word op die "GELOWIGE kinders van die vlees" was spesifiek bedoel vir die wat in die koninkryk van God ingaan, en dit was direk gekoppel aan die koms van die Messias.  Hy sou die Een wees wat hulle vul met Sy Gees. Moses het ook geprofeteer van hierdie Profeet wat deur die Vader verwek sou word uit die midde van hulle, en hoe die Vader Sy woorde in Sy mond sal lê en hulle sal leer alles wat die Vader Hom beveel... (Deut. 18:18) - en dan sê Moses die volgende in v.19:  "En die man wat nie luister na my (die Vader se) woorde wat Hy (die Profeet) in my (Sy) Naam spreek nie, van hom sal Ek (die Vader) self rekenskap afeis".  Hier sien ons die belangrikheid van hoe gehoorsaamheid geloof beskryf. Niemand kan ingaan in die koninkryk van God as hulle hul nie BEKEER en GLO in die Here Jesus Christus (as die Saad) en gevul word met Sy Gees nie. Jesus Christus, as EERSGEBORENE vd skepping (Kol. 1:15,18; Hebr. 1:6), sal alles erf, en die wat hulle tot Hom BEKEER en in Hom GLO, sal as kinders saam met Hom erf (Dan. 7:27). Hy is ook die eersgeborene uit die dode (Openb. 1:5; Kol. 1:18) en het mag om ons op te wek tot lewe sodat ons kan ingaan in Sy koninkryk (Hebr. 2:14), want geen vlees en bloed sal die koninkryk van God beërwe nie - 1 Kor. 15:50).

Die belofte van wie dit is wat sal ingaan in die Koninkryk van God, is dus wel gemaak aan DIE KINDERS VAN ABRAHAM met geloof en gehoorsaamheid as voorwaardes, maar meer spesifiek die kinders gebore uit die Gees (geestelike deel vd geslagslyn van Christus Jesus)  - m.a.w., die wat  GLO in Christus Jesus en GEHOORSAAM is aan Sy woorde (waardeur ons geestelik Sy kinders word, Sy Saad verkry en gesien word as kinders van Abraham), siende Hy die Eersgeborene is van die hele skepping (Kol. 1:15), en dus die Een wat alles gaan erf...(en as ons Sy kinders is, sal ons saam met Hom erf)(Gal. 4; Joh. 3:16; Openb. 21:7; 1 Kor. 15:50; Matt. 5:5...) - (Openb. 21:7 - "Hy wat oorwin, sal alles beërwe; en Ek sal vir hom ‘n God wees, en hy sal vir My ‘n seun wees").
_________________________________________________________________________________
http://warechristene.blogspot.co.nz/2017/02/die-besnydenis-1.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2016/08/die-gees-van-god-4.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2015/03/die-koninklike-geslag-uit-die-stam-van.html