Wys tans plasings met die etiket kragdade. Wys alle plasings
Wys tans plasings met die etiket kragdade. Wys alle plasings

Donderdag 28 September 2017

Hy sal genadig wees aan wie Hy wil, en Hom ontferm oor wie Hy wil

In sommige skrifte verwys die woord barmhartigheid na "goederenheid, guns en liefde", en word spesifiek gebruik in konteks met "guns op die wat vir die Here lief is en Sy gebooie onderhou". Voorbeelde hiervan is die barmhartigheid wat die Here aan Abraham bewys het, bv. aan Josef, Lot, Dawid, Israel ens. NATUURLIK IS DIE HERE SE BARMHARTIGHEID  IN KONTEKS MET DIE WAT VIR HOM LIEF IS EN HOM GEHOORSAAM(Vir 'n studie oor hoe die woord barmhartigheid in verskillende skrifte en kontekste gebruik word, gaan na: http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/barmhartigheid.html).
---------------------------------------------------------------------------------------------
Die Here ontferm Hom bv. nie altyd oor gelowiges wat nie Sy voorwaardes nakom nie!  Bv., as 'n gelowige in aanhoudende sonde stap of eerder glo in sy eie sieninge as die Here se leringe en hom nie bekeer van die sonde en sy manier van "dink en sien" nie, kan hy nie staatmaak op die Here se barmhartigheid/guns nie:  (Jes. 55:7 - "Laat die goddelose sy weg verlaat en die kwaaddoener sy gedagtes; en laat hy hom tot die Here bekeer (VOORWAARDE), dan sal Hy hom barmhartig wees (BELOFTE); en tot onse God, want Hy vergeef menigvuldiglik"). Baie wat bely dat hulle gelowig is, is nie gehoorsaam aan Jesus Christus nie en glo nie werklik in Sy leringe nie;  tog wil hulle steeds staatmaak op Sy beloftes?  Natuurlik kan niemand van ons die Here se barmhartigheid "verdien" nie,  maar "geloof" is 'n voorwaarde!  As die een wat bely dat hy gelowig is nie gehoorsaam is aan die Here en/of nie ag gee op die waarheid nie, dan bewys hy daardeur dat hy nie regtig GLO nie...  Dit is wel so dat barmhartigheid nie geskied "met aanneming van die persoon nie" (want dan sou niemand van ons ooit barmhartigheid van die Here kan ontvang nie!), maar dit beteken nie dat geloof geen vereiste is nie. Daarom geskied die Here se barmhartigheid nie met aanneming van die persoon nie (want niemand kan dit verdien nie!), maar dit is die wat GLO wat deur Hom aangeneem word as kinders.   Dit is aan die GELOWIGES wat die belofte gegee word dat alles wat hulle in gebed vra, hulle sal ontvang (Mar 11:23,24), maar dieselfde beloftes word nie aan ongelowiges gegee nie.  Dit kan oor en oor in die Skrif gesien word, dat terwyl die Here Jesus mense genees het, dit mense was "wat geGLO" het (Matt. 9:29, 15:28, Luk. 5:20....);  nie geglo het in die genesing of kragdaad nie, maar geglo het "in Hom", dat Hy die Christus is en hulle hoop in Hom geplaas het.
========================================================================

GEDAGTE:

Die wat NIE GLO NIE, kan nie staatmaak op die Here se ontferming nie.  Christus het hierdie feit reeds vroeg in Sy bediening bevestig in Luk. 4:14-32 toe Hy die "aangename jaar van die Here" aankondig. Verder in hierdie gedeelte sien ons hoe Hy verduidelik dat alhoewel Hy gestuur is om die evangelie aan die armes te bring, die wat verbryseld van hart is te genees, aan gevangenis vrylating te verkondig, blindes herstel van gesig te gee en gebrokenes vry weg te stuur, NIE ALMAL van die volk nut hiervan sou hê nie!  (v. 23-27). Hy noem verder voorbeelde van (1) hoe daar baie weduwees was in Israel in die dae van Elia, in die dae van hongersnood, na wie geen profeet gestuur is nie behalwe na een!;  en (2) op dieselfde wyse was daar baie melaatses in Israel in die tyd van Elisa, maar daar is ook net een van hulle wat gereinig was!  

Christus het wel gekom (soos profeet) om die woord te bedien (en genesings en kragdade ens. te doen), maar nie almal wat bely dat hulle glo, sal hierin baat nie!, want kyk Sy woorde in Luk. 4:24: "En Hy sê: Voorwaar Ek sê vir julle, geen profeet is aangenaam in sy vaderland nie". Ons vind soortgelyke woorde in Matt. 13:57,58 waar baie van die wat na Christus se leringe geluister het, aanstoot geneem het aan Hom: "En hulle het aanstoot aan Hom geneem. Maar Jesus sê vir hulle: ‘n Profeet is nie ongeëerd nie, behalwe in sy vaderland en in sy huis. En Hy het daar vanweë hulle ongeloof nie baie kragtige dade gedoen nie".  In hierdie skrif sien ons hoe die Here baiemaal Sy barmhartigheid/guns terughou weens mense se ONGELOOF!  Korreksie...:  weens "gelowiges" se ongeloof! En verstaan hoe "ongeloof" in hierdie gedeelte beskryf word, want dit gaan oor die feit dat hulle aanstoot geneem het in Sy leringe! (soos baie Christene vandag aanstoot neem in Christus Jesus se leringe). As iemand wat bely dat hy 'n Christen is, nie GLO in die Here Jesus Christus se leringe en woorde nie, dan is hy ongelowig.  Ons moet dus verstaan dat hierdie mense in Matt. 13 deel was van die VOLK VAN GOD..., en gesien is as "gelowiges";  tog het hulle aanstoot in Jesus se leringe gewys dat hulle NIE GLO NIE (en dus nie regtig die Vader ken nie).  Die manier hoe iemand die waarheid en Jesus se leringe ontvang is 'n teken van of hy regtig glo of nie. Ons kan nie staatmaak op die Here se barmhartigheid en guns as ons nie GELOWIG is nie...
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2015/01/dien-almal-wat-bely-hulle-is-christene.html
http://warechristenedagstukkies.blogspot.co.nz/2015/01/het-christene-moslems-en-jode-dieselfde.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2014/01/ek-wil-barmhartigheid-he-en-nie.html
http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/08/moenie-oordeel-veroordeel-nie-3.html