Saterdag 05 September 2015

Die val van Babilon


Baie geleerdes is van mening dat die "val van Babilon" wat in Jer. 50 en 51 beskryf word, verwys na 'n gebeurtenis in die toekoms, siende Babilon (na haar val), 'n woestyn sal wees waarin geen mens tot in ewigheid meer sal bly nie (50:39);  geen klip daarvan ooit weer gebruik sal word vir 'n hoeksteen of 'n fondament nie (51:26) - en dit sal 'n woestyn wees, 'n dor land en 'n wildernis waar niemand eers deurtrek nie (51:43).  Dit is duidelik dat dit nie nou al gese kan word van hierdie streek nie en baie geleerdes voorspel dat die stad Babilon weer gaan verrys in die laaste dae. 
Die val van Babilon word ook in Openb. 18 en 14:8 beskryf as 'n toekomstige gebeurtenis onder die gebeure van die 7 de seel.
------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Volgens die karaktertrekke van "Babilon", verwys Babilon nie net (1) na 'n groot stad nie, maar ook (2) na 'n afvallige sisteem wat gepaard gaan met hoerery, rykdom en afgodsdiens, waarvan "die konings v/d aarde" van haar dronk geword het......  (vgl. dit gerus ook met die skrifgedeelte in Sag. 5). In konteks met die res van die Skrif en wat dit beteken om "geestelik dronk" te wees, gaan dit oor LOSBANDIGHEID (sonde, en die wat in ongeregtigheid stap) en oor DIE WAT DIE WAARHEID VERDRAAI (en die wat ag gee op valse leerstellings). Die konings van die aarde sal dronk word van haar goddeloosheid en leuens. Ons sien dat Babilon ook verantwoordelik sal wees vir verdrukking op die heiliges en gelowiges (dronk v/d bloed van die heiliges + van die bloed van die getuies van Jesus)(Openb. 17:6; 18:24). 

Baie mense dink vandag dat die Islamic state (IS) "geestelike" Babilon is, of Babilon wat besig is om weer te verrys.  Daar is ook 'n ander opinie dat sommige dink dit verwys na Jerusalem, en hulle vgl. hulle opinie met beeldspraak in O.T. profetiese geskrifte en die feit dat Jerusalem in Openb. 11:8 geestelik genoem word Sodom en Egipte, maar siende Openb. 18:2 verklaar dat na die val van groot Babilon dit 'n woonplek word van duiwels en 'n versamelplek van allerhande haatlike voels en niemand meer daar sal bly nie ens., asook die feit dat dit genoem word die "land van die ChaldeĆ«rs", is meeste geleerdes van mening dat Babilon geensins na Jerusalem kan verwys nie  (http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/04/eindtyd-onderwerpe-verdere-aantekening.html).Omdat Jes. 13:20 verklaar dat na haar val "die Arabier daar geen tent sal opslaan nie", glo baie mense dat Babilon verwys na Saudi Arabia, maar ander geleerdes lees dit anders en is ook eerder van mening dat, omdat die Skrif verskeie male verklaar dat Babilon in "die land van die Chaldeers is" - Jer. 50:1,10,25, 35; 51:4...., Babilon sal wees in die dele van die huidige Irak en Iran soos aangedui op ou kaarte (http://warechristene.blogspot.co.nz/2013/04/eindtyd-onderwerpe-verdere-aantekening.html). Daar is mense wat Babilon geheel in 'n geestelike lig beskou, wat natuurlik onwaarskynlik is. 

Wat baie duidelik is, en iets waarmee feitlik almal saamstem, is dat die Skrifte oor Babilon ("die vrou") nie net verwys na 'n spesifieke stad wat in een uur neergegooi en uitgebrand sal word nie, maar ook verwys na 'n afvallige sisteem (wat gepaardgaan met hierdie stad en ander beinvloed om deel te he aan haar goddeloosheid en leuens). 
----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Alhoewel Babilon beskryf word as 'n groot stad "wat heerskappy (sal) voer oor die konings van die aarde", sal die ander nasies haar haat en haar op die ou end verbrand, want God gaan dit in hulle harte gee om Sy bedoeling uit te voer... (Openb. 17:17). Ons weet dat die Antichris oorlog gaan voer teen die heiliges en dat aan hom mag gegee gaan word oor al die nasies, maar wat die presiese konneksie is tussen die Antichris en Babilon, is natuurlik ook 'n saak van interpretasie.  Dit is wel duidelik dat 10 konings (10 horings op die dier, waarop die vrou sit), mag gaan kry vir 1 uur lank saam met die Antichris - hulle sal die "hoer" (Babilon) verlate maak, "haar vlees eet en haar met vuur verbrand" (hierdie konings lyk of dit verskillende nasies beskryf in Jer. 51...), en hulle sal hulle heerskappy aan die dier gee (totdat die woorde van God volbring is).  Hierdie 10 konings gaan ook oorlog voer teen die Lam! (in die slag van Armageddon).  
_________________________________________________________________________________

GEDAGTE: 



As Babilon inderdaad 'n stad is wat weer moet verrys in die laaste dae in die "land van die Chaldeers", dan is dit iets wat nog geheel in vervulling moet gaan. Die idee van Babilon wat weer opgebou word, is ook glad nie meer so verregaande soos jare gelede nie;  inteendeel, voor Saddam Hussein se dood was hy besig om Babel weer op te bou, maar natuurlik ver nie voltooi nie; heelwat konstruksie is ook in die laaste paar jare in daardie dele gedoen.  

Die val van Babilon, as 'n toekomstige gebeurtenis, word ook in Jes. 13 en 14 voorspel:  (Jes. 13:19 - "So sal dan Babel, die sieraad van die koninkryke, die trotse pronkstuk van die ChaldeĆ«rs, wees soos toe God Sodom en Gomorra omgekeer het"). Babilon se val sal binne 1 uur plaasvind (Openb. 18:10). 
_________________________________________________________________________________

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Let wel: Slegs 'n lid van hierdie blog mag 'n opmerking plaas.